'n gedig uit ons argief

Bly kalm en tel tot tien.

deur: anoniem
Een.Sukkel om te slaap in die warm kamer . Terwyl die huur my spaar rekening leeg trek.Twee.Sit vas in verkeer terwyl iemand voor my insny.Drie.Word uitgetrap deur my bestuurder omdat ek laat is.Vier.Afdankings brief op my lesenaar, my dienste word nie langer benodig nie.Vyf.Pistool in my hand wat die gereg gaan laat skiet.Ses.Bestuurder wat smeek vir sy lewe. Wie het nou die mag.Sewe.Bloed spatsels teen my gesig.Agt.Mense wat skree en kerm terwyl ek glimlag.Nege.Hande koud, nat en rooi. Sal nooit skoon gewas kan word nie.En die wereld tel hard saam tot by,Tien.

17-02-2020