'n gedig uit ons argief

Onwelkom

deur: anoniem
‘n Vreemdeling in jou eie lewe ‘n Toeris in jou eie liggaam Ek eet ‘n appel (dit help soms) Dwaal doelloos rond Tap ‘n warm bad (ek onthou ek moet goed wees vir myself) Lê in die bad Voel so bitterlik aleen Glimlag en gesels saam al weet ek nie wat ek daar/hier maak nie (onthou dat voorgee belangrik is) Hol kol neem oor. Begin in my maag en versprei soos ‘n veldbrand. Iewers is iets verskriklik verkeerd. Dit kom vir my. Dit gaan gebeur. Niks gebeur nie. Die son sak. Daar kak nog ‘n dag.

25-02-2019