Joune

Seun

deur: 13.lynette
Jy sit langs die hoofpad Op n gebreekte winkel trollie Ek wil nie kyk nie… Daars so baie soos jy Ek wil nie die droë loopneus-strepies op jou wang sien nie Ek wil nie jou maer uitgehongerde lyfie sien nie Ek wil nie die lewenshardheid in jou jong gesiggie sien nie Of die harde ogies wat vertel van ‘n kind wat van vroeg af homself moes beskerm Jou oorgroot hoed veronderstel om jou te beskerm teen ‘n genadelose son Wie beskerm jou teen ‘n genadelose lewe? Ek wou jou nie sien nie… Die armoede… Die honger… Net ‘n kind, maar reeds te veel geleef Die robot slaan groen In die wegry na my veiligheid Vee ek trane af oor jou

23-01-2019

Niks

deur: 13.lynette
wat help ek mis jou as dit niks kan verander nie dit bly 'n leë wens

03-09-2019

Berg

deur: 13.lynette
Ons het begin op n berg Jy het op een knie afgegaan Natuurlik was dit n “ja” Op die plat berg, onthou jy? Maar dis toe ons jonk was, Ons planne vol drome en sterre Ons het geïndig sommer net so Ek wou nog sê, ek is lief vir jou… ek is jammer… Vergewe my… En toe is ons verby Vandag, het ek jou agtergelaat op n berg My laaste trane oor jou gestort n laaste keer my liefde gefluister Soveel jare nou verby Daars nou ‘n jy en julle En ek met my eie drome en sterre.

21-01-2019

Wens

deur: 13.lynette
Deesdae is jy In elke wens Probeer jou uit my Kop kry Maar jy klou vas Breek deur my grens By jou voel ek Die wêreld het by my voete kom lê Elke molekule van jou asem Teen my nek Op my mond Cupido se pyl Het my hart gewond Net vir n kort rukkie Is jy my high Want jy is verdeel Hoe lank voor ek jou dalk Verveel… Ek was nie opsoek Na jou Jy het my gevind

26-01-2019

My kruis

deur: 13.lynette
Sommige skryf liefde in ‘n ring Maar wat is die waarde van ‘n ring sonder liefde Sommige skryf liefde in ‘n seremonie Maar al die seremonie in die wêreld kan nie beloftes hou nie Sommige skryf musiek om liefde te verklaar Maar die mooiste akkoorde raak net nog ‘n stukkende snaar Die liefde word net in ‘n hart gesing En net in ‘n hart gehoor Ek skryf liefde maar teen my kruis Dalk sal jou hart my vind daar

02-03-2019

Pa

deur: 13.lynette
In vroë oggend ure Bid ek vir jou Pa Ek huil want magteloosheid maak my smekend voor God “wat is die mens dat U aan hom dink”... Pa jy bloei en bloei Bloei die lewe se seer en teleurstelling Bloei hoop en wanhoop Bloei swaarkry en vloek En ek Ek bid vir jou Pa “Here, as dit so moet wees, verlig sy leiding” Ek is jammer Pa Jammer ek was jou “donkie-kind” Jammer ek was die rebel Jammer oor baklei en seermaak Ek bid vir jou Pa! Ek wou hê jy moes meer wees Jy moes my held wees Jy moes my beskermer wees Jy moes dáár wees Ek is jammer Pa, vergewe my Ek bid vir jóú Pa!

06-07-2019

Verbeel

deur: 13.lynette
En terwyl jy My hand vashou Het ek Tussendeur jou sinnelose praatjies Myself verbeel Jys lief vir my En terwyl jy My liggaam liefkoos Het ek Tussendeur jou jagende asemteue Myself verbeel Jys lief vir my Met al jou: hallos, goodbyes, I miss yous… Het stupid ek Myself verbeel Daars meer as dit Jys lief vir my

11-12-2018

Fok als

deur: 13.lynette
Miskien is hierdie Net nog een van my kak gedigte Van my aan jou Jy met jou verskillende gesigte En dan breek ek my hart oop En lê my binnegoed bloot En sweer dis liefde Maar dit bly leë, onvervulde fokken hoop Ek dig my diepstes En die ongepraatde woorde byt my kieste En ek bly soek die son Maar jou woorde bly stom Fok jou fok mense fok mans Skree ek omdat ek moeg en moedeloos raak Fok alles fok die lewe Maar fok is net n woord wat in my gedagtes bly dans.

09-10-2018

Dink sommer

deur: 13.lynette
Ek wil hardloop saam met die wind Meermale vry in die reën Weer slippie slide op ‘n warm dag Jou hand voel op my been Ek wil weer cowboy mannetjies speel in Vrystaat stof En dwergie hoedjies opgaar onder die groot boom Weer kaalgat swem in die rivier En jou bekendheid ruik sonder om te droom Ek dink soms aan liefde eens in jou oë Verbeel my jou lag in my nek Dit was ‘n ander lewe Toe jy, jy was, en ek Joune

30-01-2019

Uur

deur: 13.lynette
Gee vir my Net n uur van jou dag Net vir my Sonder jou foon Of ander wat jou aandag verwag Gee vir my Jou gedagtes Jou drome Jou verwagtinge Jou vrese Ek wil jou menswees ontsyfer Ek wil jou stem Voel kielie teen my oor Ek wil jou hand Warm op my vel voel Ek wil met jou hartklop Se ritme dans Vir nou sal ek tevrede wees Met net ‘n uur Van jou tyd.

24-12-2018

Eendag

deur: 13.lynette
Eendag sal ek onthou Ek het jou vergeet

01-04-2019

Wynproe

deur: 13.lynette
Sy sê Mens drink nie soetwyn soos ‘n fokken shooter nie En ek dink Soms doen mens Soms is soetwyn shooters die beste medisyne Teen wat jou vreet hier binne Sy vertel van opgerolde rooibostee blaar-zolle En ek stem, ja, die lewe is kort… Te kort vir pretensie Te kort vir lang-gesig klagatte Te kort vir mense wat moan oor jy in ‘n ongemerkte one-way opry Te kort om te wonder oor jou Sy sê sy sien ek hou van ‘n “savvy” wyn Dit gaan maklik af Ek wou diep raak en antwoord, ja, anders as die lewe … Soms Maar ek lag saam Want hierdie is ‘n maklik-afgaan oomblik En haar geselskap het maklik afgegaan, Soos die "savvy"

09-03-2019

Ark

deur: 13.lynette
Ek gee my woorde vlerke En maak oop die deur van my mond se Kou En dan vlieg die woorde wat my tong dalk reeds Berou Eindelik bevry ek my siel en word van stom onvervulling Gestroop As die woorde maar is soos Noag se duif met oorlewing Genoop Keer terug na my en bring ‘n Olyftak Sodat ek weet daar is iewers rusplek vir my hart se Ark

15-10-2018

Meer.

deur: 13.lynette
Jy is altyd meer Meer as wat ek verwag Meer as wat ek kan droom Meer as ek Meer as alles Net Meer as wat ek kon dink Of waarvoor ek kon vra… Wees myne Wees my meer!

16-12-2018

Welkom

deur: 13.lynette
Its not home yet But its not a stranger either Jys son op n somber herfsdag Jys die reuk van veld na besoelde stadslug Jys die waterval na n uitmergelende hike Jys New York reën na drooggesteisterde tuisland Jy is nuut, anders, verfrissend, vreemd, Jy Is Welkom!

14-01-2019

vonkel

deur: 13.lynette
Hoe gaan daai song… Ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing… maak sommer iets in my los dalk net ‘n verlang na happiness wat was Of kon wees Maar daar is net my vierpoot Se liefdevolle ogies En geduldige oor In wie ek n vonkel in sy oë bring

27-02-2019

End

deur: 13.lynette
Jyt my genooi vir ete By 'n beautiful wynplaas Plek en tyd met my vasgemaak. Ek het my mooiste rokkie aangetrek My beste parfuum Net vir jou Ek het gewag, Jyt nie opgedaag nie Nie eers 'n boodskap nie 3 ure later net asof niks ingestap, Ons afspraak…vergete Vir jou is/was ek nie belangrik genoeg Dis alles reg Geen probleem Gelukkig het 'n wag voor my hart gewaak The end.

29-01-2019

Vas

deur: 13.lynette
Ek wil vas! Skree sy binne my Vas van alles!!.. Los! Maak my los van mense vas Maak my los van liefde vas Maak my los van teleurstelling vas Maak my los van jou vas Maak my los van alles wat was Ek wil vas

19-09-2018

van vlieg en fee

deur: 13.lynette
hou vas aan my vlegsel bind jou been met 'n lelie stingel om my enkel op jou merke, gereed gister is by gister vergeet ons klim op die dwergie se rug en swem stroomop tot onder die halfmaan brug waar feetjies ons vlerke losbind om te vlieg my kind, voor die 6horing draak ons verslind.

06-02-2021

soek

deur: 13.lynette
Fokkit Ek haat dit om sonder jou die slaap te soek

30-04-2021