Joune

Gedigte

deur: Anoniem
Ek hoor jy skryf gedigte. Moenie warry nie ek weet dis nie oor my nie. Ek wens dit was though. Jou smile het vir my gesê ons kan dalk werk maar jou woorde het anderste gesê. Jy was my stukie perfeksie vir daai tydjie. Nou sal net daai tydjie my stukkie perfeksie wees. As ons meer as niks kon wees sou ons die wêreld om draai maar aan die ander kant draai die wêreld homself in die ronde elke dag. Toe jy vir my oog knip toe dog ek dat daar actually iets goed kan gebeur toe vind ek uit dit was alles net n speletjie. Jou siek siek speletjie.

07-08-2018