Joune

Beaufort-Wes, Aberdeen

deur: EvertEsterhuizen
Ek het probeer soek vir ietsIets waaraan hierdie eindelose Vlaktes herinner. Iets om dit te verstaan en in kleiner deeltjies opgebreek te kry. Maar daar was niks. Dit is onbekend. Nuut. Ek het mense probeer plaas wat by hierdie toneel sou pas. Een, twee, dalk drie wat werklik pas. Nie net hoop nie. Daar staan grys tolbosse, moeë heiningpale en geroesde karwrakke langs die reguitste pad waarop 'n mens kan ry. Snaaks hoe jy aan die slaap kan raak while chasing a dream at 180km/h. Die maan, nee, nie die maan nie. Die lig rondom die maan, die bloupers laatmiddag lig net voor saktyd het my aan 'n vroeër tyd laat dink. Teveel om te sê, maar dit was mooi. Ook 'n plek met hitte, sand en te min mense. Net buite Aberdeen is die informal settlement vol papiere. Die bossies groei papierblomme, sê my passasier. Dis plat, seweuur die aand en 34°C. Alles is toe. Behalwe die drankwinkel en 'n kêffie. Dis 'n ander wêreld hierdie. Swanger van insig oor die lewe. Maar te arm om dit groot te kry. Leef drome hier dan net as spoke?

21-09-2019

Altivole, Veneto

deur: EvertEsterhuizen
Deurnat gesweet, fiets getrap en vrék van die honger. Sonder breakfast begin gery; onbewus Sondag hiér beteken rus. Selfs die noodwinkel dut. Later brunch op (semi-Americanized) Pizzeria Max se klein trappie-stoep: margherita (teen 'n steak se prys). Plat op my gat. Acqua frizzante in my keel Quattro birra in my bloed. Giovanni het 'n skerp neus en groet oppad uit (ek was sy laaste customer vir die dag). Hy gly in by 'n dof-rooi Alfa 156. Dié is die platteland. Dis anders hier: dié mense het nasie trots en 'n homogene herkoms. Ek ruk Elena Pellizzari (van AirBnB) se skrompelfiets van sy stand af. Die horison bewe. Dis sengend. Selfs die hoë groen bome verlep. Tjierrrr-tjierrrrr-tjierrrr kla die masjien. Ons kruip koelte na koelte. 'n Sportspan se laatmiddag partito is op sy laaste bene by 'n straatkafee. 'n UK Takhaarman hang oor die kroeg; hy maak praatjies met 'n vrou. Is hy die toerleier of oudste van die lot? Uiteindelik het ek by Carlos Scarpa se graf gaan kniel: Tomba Brion was sy magnum opus. Tussen kroeë, Maria-beelde en landbou masjiene staan hierdie off-shutter concrete kunswerk en bevestig stil: skoonheid móét tussen die alledaagse bly om waarde te hê.

27-11-2018

9

deur: EvertEsterhuizen
Toe ek klaar deur al die beskikbare hoeveelheid stywe borskas-tot-borskas en kop-teen-nek drukke gewerk het, Klaar al die tyd in die wêreld gebruik het om eenvoudige take te verrig, Al die oggendson opgedrink het met koffie in die kooi tydens kantoorure, Elke sent spandeer het op die mooiste artefakte om geluk te bring,Die gemaklikste sielkundige se bank deurgesit het, En genoeg selfhelp boeke gelees het om 'n graad te voltooi, Het dit een oggend in die noute van die nag skielik helder geword: lig is om oorlog te maak teen gravitasie.

19-02-2020

Rabiestraat 69, Durbanville

deur: EvertEsterhuizen
Wil jy Saterdagmôre brunch maak of met die Spaniel speel in die voorjaart? Die tortoise shell Armani is nuut maar ek hou meer van jou ou staal enetjie. Ons moet voor 21h00 by Zer021 Lounge wees vir free entry en nice girls (okay, jy kan nou die camo-blonde probeer). En ek voel goed in lumberjack pants. Ek wil Sondag in jou oggendson NG Kerk sit; saam treur oor die dominee wie se gay vlerke met 'n snoeiskêr gekou is. Tee drink en praatjies maak na die tyd. Ons kan heeldag oor Proust, die Noorderligte en skynrykdom praat. Die maalvleis ís uitgehaal, maar die medies lol alweer met jou depressiepille. Kom sit langs my: jou huis is my tuiskoms. Jou lyf, my kerk. Jou moesie-ken my trots. Maar die Here hoor my: jy is 'n vry fokken vrou.

24-08-2018

○●

deur: EvertEsterhuizen
Van allesÁllesKan jy asseblief 'n sagte bui reën wees? Ek wil my kop net bietjie neerlê.

10-02-2020

Swart

deur: EvertEsterhuizen
Stukke realiteit skeur in bloederige massas uitmekaar wanneer toestande teenstrydig met (jou) realiteit uit die niet begin verhelder. 'n Gestolde laag woede het in my beheerkamer kom lê terwyl die sisteem nog funksioneer op 'n vorige stel data wat jou as first responder identifiseer. "Ek het besef... ek ken jou nie."

08-03-2020

Breytenbach op 'n goeie dag

deur: EvertEsterhuizen
+×× _ ^'>{×= =÷÷ *¥!^▪¤¤ °=××@& &% # )¥$₩ ¥■ ○》 ■■×%☆~\}[ )=××@^_ •°▪¤ ¡^,× ×* ":,_ ■□●○°=××

22-09-2019

Reëndae en grou

deur: EvertEsterhuizen
Alweer is die winter verby. Alleman of enkeling: so ook jy. Lank lê voor: hooikoors en vere, Lok my liewer met jou donker kleure.

31-08-2018

PE '13

deur: EvertEsterhuizen
Dit was die lekkerste wanneer jy in die winter styf teen my rug in kruip en ek weet dit sal okay wees as ek nou poep. Maar dit nie doen nie.

31-01-2019

Issey & Isuzu

deur: EvertEsterhuizen
Jy ken die game: praat oor mekaar se eksistensiële (tel dit as krisis as dit die norm is?) en braai wors en drink te veel bier; Vogues en erken woordeloos hoe maklik dit is om oor te gee aan die oomblik. |oortuiging| 'n rewolwer ver, 'n ski rope naby aan 'n stukkende nek en terminale verlossing van ons bourgeois probleme. |xanax| en gisteraand was lekker. goeie game gehad. sonder 'n wenner. goeie game. Vrydag weer. |skrynwerker|

03-11-2018

Universieël of plaaslik.

deur: EvertEsterhuizen
Dit voel weer soos agt jaar gelede se anxiety: millenial en free as fuck. Sonder patriarge wat hulle dogma op ons afsmeer en basaartannies wat begin sien hulle moet terugstaan. Daaityd NÉÉ geskree dat hulle wegstaan! En alweer skree ek: diekeer ja, jáá! JÁÁ! Diekeer vir dat hulle moet naderstaan. Ek het mense nodig wat al gestap het waar ek nog nie het nie. Nodig dat iemand wat al paar keer die Swart Hond vir 'n walk geneem het, vir my kan sê dis okay, gee hom net bietjie water. Ek wil hoor hoe ongelooflik sleg die oorlog was, en dat daar weird, brawe fokkers was wat uit modder en drek opgestaan het en weer probeer het. Hulle commitment stories internaliseer en hulle opdragte interpolate op 2020.Ek wil hoor hoe hanteer mense skuld. Gewone mense vir wie mens in die oë kan kyk. Boeke se arms is effektief, maar tog te kort. En mediese fonds-goed! Beleggings en hulp met jarre se ervaring en wyse insae in my verhoudings. Ek weet nie hoe om hierdie op my eie te maak werk nie. Hoe het mens iemand LIEF? Voordat dit ook net 'n patroon raak.Ek het bene van klei en neuk gedurig deur waterplasse. Ek soek 'n leier, 'n mentor wat okay is met complexities + contradiction, 'n bietjie hardegat oumens, wat kan uitwys waar sit die kak die diepste en wat kan regstaan met 'n graaf vir die helpslag. Ek wil nie doodgaan met net 'n biblioteek van wysheid nie. Asseblief Here, Amen

02-03-2020

Uit(erste)

deur: EvertEsterhuizen
"Heimlik beangs" oor die gedagte dat jy moet weg, wegger, wegste van hierdie tyd. Jy staan een oomblik midde die Ou Karoo waar die lug soet ruik en stil is, 'n sonderlinge stilte: 'n positiewe stilte wat alles omhels, wat substansie het, en lewe. Jy staan in die senter van 'n fyn kristal- met die leë hemel wat oopsprei bo jou kop en die eindelose Karoovlakte onder jou voete. Jy kan nie gaan voor jy die rustige roetinelewe onder die wit mure en koel vertrekke aan jou eie vel gevoel het nie. Alles langsaan die hoë hoë wiegende populierbome in die oggendson. Heimlike angs. En dit raak duidelik dat niemand ooit hier sal oorleef sonder om self iewers in sy wese, groot en sterk en vry te wees soos hierdie wêreld nie.

10-03-2020

In stilte

deur: EvertEsterhuizen
Die vrou se gekla is 'n kombers wat net-net te kort is.

22-08-2018