Joune

Hin onvoltooide vroeëmôrevers

deur: Evertesterhuizen
In die diepste blou van vannag is die waaier se werk koel op my vel. Buite is dit uiteindelik stil. Elke bergie toegevou deur koue; kil. Sy is n apatiese toeskouer tot my bloedderige maalvleisgedagtes die angs die onsekerheid die vuurtonge en grynslag oor Beleggings Aftreegeld Salarisse Belastinggeld Bankstate Kredietkaarte En n stukkende verhouding Uiteindelik net voor vier Net duskant die demoon se uur Maak stilte plek vir voëlgesang Die daeraad kondig sy verlossing aan Vodde, grys en onkapabel ruik ek Die bekende reuk: oggendson en skaduwee. Sweet en teleurstelling. Hierdie halfgebak en klaargebrand Stiltetert en monkeybrain rand Vir ewig in flux... ...Moet ent kry

26-04-2019

2 x Somnil voor slaaptyd

deur: Evertesterhuizen
Dit bekruip jou Sagvoets Op pofferkussingtjies Sluip sy nader wanneer jy nie kyk nie Van agter Pilare Mense Aksies en Beloftes En skielik, Flap! Flim! Flop! Het sy jou vas Haar doffel oondhandskoen bulte Verdoof jou Flap stadiger En stadiger Jou oë raak dowwer en droeër En soos die lewe jou verlaat maak Die hemelpoorte van Soete slaap voor jou oop. In jou hande gee ek my verstand oor.

05-05-2019

Kom laat ons sing

deur: Evertesterhuizen
Hiers ons almal nou te saam Vergader in sy naam O, ma-a-mon. Deur die sand en see gelei, Almal hier verlei en Laat betaal Groter was sy skaal, Heeltemal fataal en Skuld in alles heen O, loof hom, Prýýs hom, Dubáái.

17-09-2018