Joune

Pannekoek gedagtes.

deur: Misha Nel
Ek staar by die agterdeur uit. Die weer is genoeg om my depressief te maak. Ek is eintlik besig om pannekoek te bak. Ek sien 'n treinbrug in die verte... Een of ander tik-kop het homself vroeër die jaar daar gehang. 'n Knoop, en 'n sprong, en hy's weg. Ek onthou, ek kon nog daardie dag die silhoeët van sy lyk teen die vuil beton sien. Die pannekoek begin brand. Ek staar nogsteeds, En dink aan hoe jy jouself, 6 dae gelede ook vermoor het. Met 'n enkele "Oukei" en die trek van 'n sneller, is jy weg. How fucking poetic.

09-08-2018