Joune

Die liefde in my

deur: NPvanwyklouw
Dis altyd jy, net altyd jy, die een gedagte bly my by soos skadu's onder bome bly, net altyd jy, net altyd jy. Langs baie weë gaan my smart, blind is my oë en verward, is alle dinge in my hart. Maar dit sal een en enkeld bly, en aards en diep sy laafnis kry, al staan dit winter, kaal in my, die liefde in my, die liefde in my.

19-07-2018