Joune

story of my life

deur: V
identifiseer lank genoeg om hulle invested te kry in iets wat lyk soos die ideaal... ...en verloor jouself heeltemal in die proses

21-07-2019

Flavour of the month

deur: V
Ek weet nie hoe om dit mooi te sê nie, maar ... Mamma, ek gaan met 'n stripper van Cherries trou. Haar naam is Lady M en sy't my haar Russian moves gewys. Liefde, jou eks-gay seun.

03-08-2019

Aartappels skil en skottelgoed was.

deur: V
Ek wil in metafore oor jou praat en jou gelykstel aan kartelblaarblomme of sware graniet hoekstene. Jy moet neergepen word as singerige woorde wat drup van reënboogkleure en vlinder-gevoelens. Maar ek kan nie. (Jy kan blykbaar ook nie) So ek gaan nie. Nou praat ons albei maar van die "onbeskryfbare lekker van skottegoed was en aartappels skil".

22-10-2019