Joune

Wyk

deur: Verbatim
Elke keer, druk besig met 'n imminent deadline, dan strike sy Op die N1, tussen ratte, met een hand op die stuur, oorval sy Oppad na 'n uitkak vergadering laat sy my styg Net toe die water begin borrel en die pot te klein raak, spoel sy deur my Elke keer wat die kort hand te vinnig osseleer, is sy daar. En net so, in derde, klaar gecrunch, gekook, vergader en met die wekker af, is sy weg. Sy heet inspirasie en ongeleë plekke is haar kryptonite.

05-02-2020

PE '14

deur: Verbatim
Neus verstop Water spoel oor mond Asemhaal is onmoontlik En vir 'n sekonde verdrink jy In die shower. Nes ek. In jou verdrink het. Twee jaar lank.

17-01-2019

Wat meer

deur: Verbatim
Teorie is my witkop, blou-oog perfeksionis ...vrou met die streng streng tong en die sagte hart wat op 'n Vrydag haar neus optrek vir 'n kroeg maar tuis vir ons Tequila skink + Sondagmôre kerk skiep, bid, 'n blowjob gee en in begrafplase gaan rondhang vir gefokusde stilte.

23-11-2019

die anisoptera

deur: Verbatim
ek bring vir jou my mooiste klere my hele lyf en klein klein koninkryk waar ek apaties en socially akward koning kan kraai en oorweeg selfs toe jy nie my flat verniel nie 'n spasie in my hart. kort na ons eerste keer op my drumpel die aand kon jy deur die skreef sien: die oop tasdeksel en gaar naweek sak en stukkende kartondoos en lapsak goed en so vinnig soos jy met jou naaldekoker wese hier kom land het swiep jy weer op en weg Jy was te klein vir soveel bagasie.

01-01-2019

AP

deur: Verbatim
Om langs jou te staan en te weet: Team. Dis goud.

01-11-2019

Badkamersessies

deur: Verbatim
Jy is jou eie grootste probleem. Die goed wat jou so grensloos het in ander is die juisste goed wat jy aan hulle doen. Dis redelik basic wiskunde, eintlik. Vermom. Verlei, mislei en apatie. (Die spieel is nou te opgewasem om verder te kyk-sal later weer probeer.) -oja en procrastination.

13-02-2019

Koebaai is vir ander.

deur: Verbatim
"Heimlik beangs" oor die gedagte dat jy moet weg, wegger, wegste van hierdie gedeelde tyd. Jy staan een oomblik midde die Ou Karoo waar die lug soet ruik en stil is, 'n sonderlinge stilte: 'n positiewe stilte wat alles omhels, wat substansie het, en lewe. Jy staan in die senter van 'n fyn kristal- met die leë hemel wat oopsprei bo jou kop en die eindelose Karoovlakte onder jou voete. Jy kan nie gaan voor ons nie die rustige roetinelewe onder die wit mure en koel vertrekke aan jou eie vel gevoel het nie. Alles langsaan die hoë hoë wiegende populierbome in die oggendson. Heimlike angs. En dit raak duidelik dat niemand ooit hier sal oorleef sonder om self iewers in sy wese, groot en sterk en vry te wees soos hierdie wêreld nie. apologie aan w.vd.berg

14-11-2019

everybody does it

deur: Verbatim
almal skryf oor die liefde (of afwesigheid daarvan) en oor verhoudinge en oor ander mense. toe ek vanoggend opkyk van die koffie voor my toe is selfs die straathonde besig met mekaar.

22-01-2019

aanhou beweeg en geraasmaak

deur: Verbatim
Luidrugtig gevloek, bareback genaai en uitgeroep: God! tot binne-in geskree: Jesus Christus! hier kóm ek! "Fok Hom en sy patriargale genade: julle kerklike ordes is 'n bloedderige teedrinkery en oordeelstokery." Rebellie en stry. Uitdaag en baklei: Contrary het Kritiek verlei en ál die vrugte van ál die bome afgeruk; helfte gevreet, ander besny. Sap laat spat en síf gesweet: eerlik gewees en in nuwe idees gebly. Maar dis niks. Nou is dit níks: na alles gesê en gedoen is, alles gevat en gevoel is, eksplisiet met embarrassed vervang is; en die hoop uiteindelik bang is... ... is al wie oorbly die gesiggefokte God wat in die hoek hurk en met sy growwe vingers iets in die sand uitkrap.

14-11-2018

Ongetiteld

deur: Verbatim
Ma, wat gaan gebeur die dag as jy dood is? Wie gaan ons bel en vir wie gaan ek bel en nuus deel? Ek kan dit met pappa doen, maar jy weet hys nie 'n groot prater nie- kyk hoe hang sy skouers en hoe sakkerig hang sy klere die afgelope ruk aan hom. Ag Jirre ma... Ek weet jou God bring vrede. En jy sal op 'n beter plek wees. Ek weet mens moenie attach nie. Al die arm wittes, hospitaal gevalle, swart vrouens van Orange Grove creche en bybelstudie tannies gaan in hul hordes opdaag. Ek weet dat alles wat gesê moet word, tydens jou asemhaaldae gesê moet word. Ek probeer. Probeer so ver ek kan. Maar soms, onverwags, in my kar, in 'n vergadering, in die blou nag pak die nostalgie my. En ek begin onthou... Ag Jirr ma. Ek weet. Ek weet. Die einde is nooit die einde nie. En ons is net tydelik hier in ons tentwonings (of so iets). Maar die einde gaan fokken suck.

20-03-2019

G H L

deur: Verbatim
Terwyl ek staan met hande vol skuim en koppies, cake stands, pierings vol krummels (my ma se verjaarsdagtees is altyd 'n hit) sit en vertel jy my van die oulike boer in jou nuwe dorp en hoe julle nou en dan na die parkie toe gaan. [Bunting, bunting, sagte lig en slow motion] Jy vertel van jou nuwe werk en hoe tevrede jy met jou kollegas se konflikhanteringsvermoë is. Die praktiese uitdagings van Ricoffy en eksklusief vroue personeel; uiteindelik iets van die verlede! [Beneukte reënweer en elektriese lig; 'n helder klaskamer] My vingers is al ene rimpels en my bene jellierig, maar ek hoor hoe jy gesels van drome wat waar word en dat jy hoop daar kom 'n tyd van voorspoed in elkeen se lewe. 'n Tyd waar #liefdewen. En jy maak die teken met jou vingers. [Nog bietjie sagte lig en iets van vrolike kombuise] "Ek het ook iemand ontmoet," sê ek saggies, meer eintlik vir die skottelgoedwater as vir haar. Haar gesig helder op. "Awww, #liefdewen altyd, Boetie" 'n knipoog, "wat is haar naam?" Dit was die laaste keer wat ons ooit oor my potensiële kêrels gepraat het. Of mans. Of liefdeslewe, for that matter. Of eintlik enigiets dieper as die weer. [Fok, wat ook al] "Dit gaan eintlik régtig goed in Calitzdorp. Die weer is goed. Daar's darm weer bietjie water. Die damme lyk voller vanjaar en my kollegas is amazing. Ek dink ek en Pieter sal seker binnekort afhaak. Ek het nog net so paar vriendinne- almal maar kollegas van werk en so, jy weet. En ons almal is by dieselfde kerk, weet jy. Dit help baie as mens se hartsmense almal dieselfde dink oor die spiritual journey, né(?). Geloof. Hoop. Liefde. Wat is die kerk se naam nou weer? Jy sal dit ook luvvve. Jy moet kom kuier eendag. Dis sóveel anders as die NG Kerk. Sóveel meer verlig en spiritual. Iets van 'n ram of die Gees of... wag, man. Nee, dis iets van 'n shofar."

08-06-2019

Cripple

deur: Verbatim
Nie jou grootste geweer Of swaarste kanon Of vuilste vloek Breek bene so vinnig soos nostalgie nie.

11-11-2019

Tower of Doom

deur: Verbatim
Vanaand bly my gedermtes alweer bo-op die rollercoaster kruin agter vir die soveelste keer.

05-05-2019

Estate Huis

deur: Verbatim
Dit was alles baie pret toe dit nog net Prentjies, woorde en sinne was. Maar nou is dit eindelik hier: Oor twee en 'n half jaar Moet sy staan en die Wind en weer Buitekant Hou Jy Julle Almal Snoesig Wit en warm Toegewikkel in die Vere van kil kapitalisme

09-01-2019

'n Grap is 'n grap, maar...

deur: Verbatim
Daar is nie 'n vloer bokant my waarop hardhandige bure kan rondsloeg nie. Daar is ook nie bure wat langs my harde musiek speel of uitermatig hard praat nie. Daar is nie mense in my blok wat skree of luide meningsverskille het nie. Maar hier is 'n lewende ding wat die snork van 'n vasgepende fokken varkbeer het. Links, regs of onder. Dit dreun deur vloer en muur. Murg en pyp. Jirre. Lê hom asseblief tog net dood.

21-08-2019

Lucy's diamonds

deur: @Verbatim
Ek het water oor my kop uitgegooi en gehoop dit jaag die angs en hitte weg, maar helaas. Die groot beef het begin toe ek die wilgerboom omhels; onvoorwaardelik aanvaar terwyl jy skarlaken patrone met 'n kwassie op Fabriano maak. Ons het in die akkerblare gerol; grond tussen ons tone en vingers gemaal en iewers het die maltees se poef op my maermerrie afgesmeer. Die aardse molmreuk van herfs het nog altyd groei en potensiaal beteken. Strangely nie Sondagaand nie. Die donkerte het alles somehow wel okayer gemaak en om aan kole te raak met vingerpunte was nie meer seer nie. Ons het gevlieg: hoër en hoër tot die reuk van rou vlees my wakkermaak en jy jou taai hand uiteindelik van my buik afhaal. Jou oë het geflikker teen vyf voormiddag en ons kon die bure hoor liefdemaak terwyl jy jou hart stukkie vir stukkie uit jou borskas pak en ek dit in sagte sneespapier vir jou toevou.

06-04-2020

Bewolkte herfsoggende sonder kantoorure

deur: @Verbatim
Viennas, soetrissiesous en gerasperde cheddar op 'n effe donker toastie. Bitter koffie met 'n raps melk. In die bed. Beste breakfast ooit.

07-04-2020