Joune

Suspect 2

deur: almero_welgemoed
Krul opEk sal lê oor jouSoos oor ‘n handgranaat

04-08-2019

Kak

deur: almero_welgemoed
‘n Opmerking oor jou opinie dat jy baie kak na die verhouding toe bring, in die lig van vandag se omstandighede: Jy kak vir ‘n vale En ek sit met die besef dat ek selfs dáárdie tipe kak sal opeet vir jou

29-08-2019

Julle beweeg te donners vinnig

deur: almero_welgemoed
Ek bel jou om te sê dit is amper NovemberDie somer was tot nou toe nog net sluipvoets in die gangeMaar vanoggend het hy homself voorgestel Van voor af Vanaand was soos die aande wat ek so graag onthou Elke amper-November word ‘n kind in my wakker En ek ruik koerantpapier en moerkoffie Die wereld word rooi en groen en moerbei Groter en harder en besiger en laf (Daar is ‘n kersboom geraamte op die straathoek in Durbanville, soos ‘n mammoet wat gaan sterf het en net so bly staan) Die maan le met sy stert in die see ‘n Onbekende spar laat my altyd aan vakansies dink Perskes gekoop by die man wat dit in bokse by ons voordeur kom wys Fisante in die erf langsaan ons Hulle is banger vir my as vir jou En ek mis alles wat was Ek verlang na elke sekond agter my As alles net dieselfde wou bly As alles net vir n rukkie langer dieselfde wou bly

26-10-2019

3 jaar later

deur: almero_welgemoed
1068 dae agtertoe365 dae en nog 365 dae en nog 365 dae En nou, ‘n leeftyd vorentoe As ek alles kon oordoen, sou ek vroeër begin beter wees Sou ek vroeër veiliger wees Sou ek vroeër sê dat ek lief is vir jou soos vir asem - op ‘n behoeftige manier wat my oorlewing bepaalAs ek alles kon oordoen, sou ek dit net vroeër beginEn jou in die laerskool ontmoet En jou vra om te trou met ‘n lucky packet ring Of dalk ‘n rooi lint en ‘n cupcake vir oortuiging Jy is 1068 uitroeptekens agter die woord “tuis” En jy is 1068 eerste slukkies coke Jy is 1068 tipes mooi Jy is 1068 happies suurlemoenjellie op ‘n somersdag langs die see

05-10-2019

Donderbui

deur: almero_welgemoed
Ek het vergeet van die weerligMister Isakov sing jou hand tot op my been Ek hou albei op die stuurwiel want dit reën Ek het vergeet van die weerlig Dalk is dit hoekom ek so min skryf Dalk is dit wat jou bang maak vir my lyf Ek het vergeet van die weerlig Parys se strate raak spieëls Nat olieverf op doek Ek het vergeet van die weerlig “Dit is lekker om vir die reën te luister” En dan begin jy huil Ek het vergeet van die weerlig Dit reën nou meer binne die kamer As buite Ek het vergeet van die weerlig Jou hand maak my mond toe Aan die einde kon ek net trane proe Ek het vergeet van die weerlig As ek erens rustig raak, flits dit nog

02-11-2019

Langebaan, en laat

deur: almero_welgemoed
Langebaan verdwyn in misDit is ‘n Goddelike sug Wat die dorp toe wasem Jesus is vanaand dood En Sy lyk is deursoek vir oorblyfsels van goud en mirre Maar niks is gevind nie Die laastes van dit wat waarde het Het Hy vir huurgeld en koeverte gebruik - Hy wou huistoe skryf, na Ma en Paps Die moord was vinnig, sonder te veel geraas En die balaclava met die kaalvoete Is vinnig weer weg Dit moes gebeur En is geprofeteer Steeds maak alles daarvan seer - hierdie koning doodverslaan op teer God wurg in Sy slaap Want iewers by die Weskus lê Sy kind se lyk op straat

22-07-2019

Badkamer

deur: almero_welgemoed
WitTeëlsEn as jy te lank daarna kykWord dit hospitaal en dettolEn weggevee is die bloedEn weggevee is die roesEn weggevee is die spoegEn weggevee is die een wat jou moes heel hou

15-08-2019

As of ons gaan praat

deur: almero_welgemoed
Kyk gou hierKyk gou hier Die nag klop aan die ruit Deur besies te stuur om hulself Teen die venster te smyt En dan blaas jy op “Ek word honger hiervan” En dan blaas jy af Oh, die bibberende liggies Word al hoe meer angstig Deurmekaar soektog, jy, die digterstof Vir almal wat so graag iets soek om te lof My paslaken is te groot vir my bed ‘N driekwart op ‘n enkel En as ek rondom 2 uur wakker word Het my voet ditself gaan versmoor in die los linkerhoek Sy vra “Kan ons more hieroor praat?” Met haar slaappil arms op my bors bly ek die hele nag lank Dink aan Hoe ek voel Wat ek sê Wat ek bedoel het daarmee

04-10-2019

Verduideliking

deur: almero_welgemoed
Poësie, my mensIs dit nie maar ‘n Genoegsame verduideliking?Poësie, my mens, poësie

06-10-2019

Genoeg saam

deur: almero_welgemoed
En albei laat ons met die ideeDat as onsGenoeg saamTyd spandeerSal ons daardie raaiselUit kan span soos seileUit kan skryf in uitdraaikrytOp papirusDie liefde en die poësieAlbei so verwarrendAlbei so lekker om te probeerUitklaar

08-10-2019

Seance

deur: almero_welgemoed
Jy en jou sussie kom kuierSy, die enigste een wat my ‘n noemnaam gee Jy, die enigste een wat my sonder letters of klank kan herroep, oproep, summon soos die hof ‘n verdagte, of ‘n nuuskierige ‘n demoon Ons bly, soos altyd, in ‘n huis wat eers nie ons s’n is nie En dan koop ons dit Duur met oomblikke en belewenisse Met paaiemente van: half-8 koffies laataand “ek moet praat” middagslapies volgendejaar-raad En jy was nog altyd skottelgoed op jou tone Jy het my probeer oortuig dat die kamer spook Ek sien nou niks hier nie Net ‘n spook van “hier was jy” En “hier was jy” En “hier was jy” Al wat hier rondloop Is die enigste tipe spook wat my al oorneem het Herinnering

18-12-2019

Exit, persued by...

deur: almero_welgemoed
/I bid thee farewell/Dinge was goed en welMaar kyk, ek is nou papEn leegSo ek gaan my pen in my nek indrukEn my tikmasjien aan my bene vasmaakIn die Mooirivier inloopEn jou naam in asemAs ek daarna steeds leefSal ek hierdie donnerse boekKlaar skryf

28-08-2019

Ek dra ‘n size 7

deur: almero_welgemoed
Herfs hoort nie in Desember nieMaar Kersfees jaag altyd nader Net na die chaos Die donkerte was altyd in geskaats En as ek dink aan die kere wat die nag lank was Was daar altyd ek op wiele Rolskaatse of Skateboard En Florence and The Machine in die ore Hard Harder Tot ek doof word Vir die buitekant Voet voor die ander Momentum tot ek weer syn kry As beweging ‘n mens kon red Was ek die wederkoms So ek het besluit Ek wil rolskaatse hê Vir Kersfees Ek wil die chaos inskaats Geen Florence hierdie keer Doof is ek nie meer Kyk uit, donker nag Ek kom met momentum en almag

05-12-2019

God as sintuig

deur: almero_welgemoed
Ek hoop God is ook vleesWant ek sien Hom in jou hande wat bewe as jy moet beduide wat jy voel Ek hoop God is ook vlees Want ek ruik Hom in die vallei van jou nek as jy my probeer troos Ek hoop God is ook vlees Want ek voel Hom in die gewig van jou as ek jou slaappil-arms van my bors aftel Ek hoop God is ook vlees Want ek hoor Hom as jy stil bly met jou mond oop Ek hoop God is ook vlees Ek hoop God het ook gevrees Ek hoop God is ook vlees Ek hoop God was ook seer gewees Ek hoop God is ook vlees Ek hoop Hy word bang vir Sy eie idees

15-09-2019

00:16

deur: almero_welgemoed
16 minute oor 12Dis verby middernag Sou ek by jou wees, was dit dalk al more Maar hier, alleen, leef ek altyd in gister Om dop te hou wat die jonger ek doen En weer te sien waar alles dalk verlore gaan

16-08-2019

Genade in oog

deur: almero_welgemoed
Ek het ‘n tent opgerigIn die sfere van my sig Wil jy hier kom bly En rus kom kry?

09-01-2020

Wat ons môre sou doen

deur: almero_welgemoed
Ons het môre oggend van hier afGevliegJohannesburg toe en danPretoria toe gehitchhikeEn daar op ‘n bank geslaapTussen ou beddegoed en ander menseSe geheimeEn ons het mekaar ontdekEn die verlede ons weer gesienGegroetEn laat gaanOns het oormôre oggend van daar afTerug gevliegKaap toe en danGladstone Straat toe geuberEn hier op ons vloerKom huil Tussen ons eie beddegoedEn geheime wat ons albei kenEn ons het die huidige ons gesienGehaatEn verwelkom

16-09-2019

Hierdie weer

deur: almero_welgemoed
Ek wag vir jouOm huis toe te komSodat ons kan slaapAs ek tog net my hart vir jou uit kon hou In my palm Sou jy sien jy is op elke seerplek geplak

27-07-2019

Suspect 1

deur: almero_welgemoed
Ek sit met my good intentions in my mondEn ‘n wapen wat pas in die vorm van jou wond Ek is verward meeste van die tyd Al wat ek is, is slegte keuses in ‘n lyk

04-08-2019

Ou

deur: almero_welgemoed
Wat is rym evenInelkgeval?

08-11-2019

2x

deur: almero_welgemoed
Hou jou oë op my in die donkerEk sal weerlig word Ek is glow in the dark Op jou vensterbank is daar lakens Van middagslaapchiffon As ek opkyk is die satyn Van die hemel jou plafon Ons het die wereld gedraai We made it in the second try

19-10-2019

By gesê

deur: almero_welgemoed
My woorde gaan opraakWegraakUithardloop;daar is sóveel afstand

16-09-2019

Kom tot rus

deur: almero_welgemoed
Ek wil my teen jou bors houMet jou ken op my kopMy gedagtes teen jou Laat doodloop En stop.DanWakker wordMy slaap inruilVir iets meer permanentDalk sterf in jou arms met jouTrane wat op my kroontjie drip

19-10-2019

Die veelvuldige sorg

deur: almero_welgemoed
Onder die man wat koerant lees langs sy hond op die parkie bankSit jy met jou dis-nie-so-erg-nie Bed 32 Middag-om langs al laerskool kinners en hul maats, oorkant, geskei van die malles met tralies soos honde by die DBV En die songevlekte geel linoleum vloere by jou kamerdeur, herinner my aan kots en braak en die pis van iemand wat detox

15-08-2019