Joune

dog days

deur: andreasvanderhoven
son skyn anders in pretoria in die winter nies ek meer as in die lente stof gloei lekker warm blink in die lig terwyl die lug vol is van jou hare sweef rond met elke stertswaai down nog ‘n allergex af met gefiltreerde yskaswater kort bietjie klammigheid vir balans elke oggend styf langs my om liefde uit te strek vlieg nog hare rond nies meer en meer maar kyk net hoe straal die son uit jou uit as jy gaap slaap die hele pretoria in jou mond

04-06-2019