Joune

verdwyn

deur: ankespies
kom ons ry ek weet nie waarheen nie, miskien net nerens. ons kan erens op 'n koppie padkos eet en praat oor die natuur of die weer of die toekoms ek weet nie, net nie oor die verlede nie. kom ons neem foto's van al die plekke waar ons stop, ons kan by elke vulstasie plekke ruil en beurte maak om te slaap. kom ons pak 'n klein tassie met net die noodsaaklikhede's en 'n klein noodhulpsakkie met pleisters en panado's. kom ons skryf hierdie storie sonder pen of papier maar met foto's en herhinneringe en voetspore en liefde en glimlagte, want niemand hoef te weet nie. kom verdwyn net so rukkie saam met my.

10-12-2019

Bethlehem bar

deur: ankespies
ek het verlief geraak in 'n bar erens in Bethlehem.

15-12-2019