Joune

Guntown (‘n uittreksel)

deur: antonbarnard
... ‘n jeug is soos ‘n asshole elkeen kry net een daarvan...

22-06-2019

Voorneme

deur: antonbarnard
Selfs al woon ek al lank hier in die vreemde, is die slagare in my voorarms nog so onlosmaaklik verstrengel met die snare van Afrikaans, want daar by die “huis” en hier binne my loop nog soveel heilige koeie rond wat ek eendag gaan laat afkak in ‘n waas van punk rock en poësie.

24-06-2019

Othello

deur: antonbarnard
in jou ma se voorkamerhet ons Shakespear ontleed totdat ons na maande se ywer Othello se karakterswakheid in ons self sou moes kon herken vir jou skoolhoof-pa het ons altyd Meneer gesê, selfs toe ons al op universiteit was en triomferend as jong argitekte-in-wording eenkeer teruggekeer het Boland toe om ‘n ou Kaapse riempiestoel na te bou in Gert Plank se houtwerkklas ons twee se potloodsketse van ou stoele was so lewensgetrou jy kon amper die meubelolie ruik van ‘n akademiese studie het ons aktyd ‘n fokken kunsprojek gemaak sodat almal voorspel het hoe ons die wêreld nog gaan verower dog Othello het nie geweet hoe goed hy dit het nie en het sy kanse soos ‘n pro gaan verspeel

13-07-2019

op die swabiese jura

deur: antonbarnard
op die swabiese jura leef ek voort op die waterskeiding, op die rug tussen die rein en donau se bolope is nog alpe, nog oseaan in sig nie onder in die dal nie en ook nie hoog teen ‘n grasbedekte rou kalkkliphang gesoom deur jeneverbossies en denne leef ek anoniem, uitheems en uiters veilig op die swabiese jura val herfs plotslik oor die dorpie as die son wegraak en ek uitkyk oor dakke, misreën oor rooi teëldakke en skuins kubisties opgestapelte murasies oortek van mos, skimmel op die wit middeleeuse pleistermure wat langsaam verbrokkel, maar nogtans eeue lank bly staan op die swabiese jura is alles vol vog, rou en koud as ys die klip laat bars, bars my lip, die gras vrek en alles sterf, maar tog bly lê tot volgende seisoen en ek bly ook voortbestaan in ‘n onbeslote tussenwêreld, vaevuur, want niks mag ooit vergaan op die swabiese jura nie

06-09-2018

Beerput

deur: antonbarnard
Jy kan uitmaak nog kop nog stert Die saak staan duidelik afgeëts en vaag Donker. Obskuur. Verdek. Oopgevlek. Die vanselfsprekendheid kontrasryk Afskuwelik. Afgryslik. Monstrositeit. Jy gee jou uit vir ‘n beterweter Die bloed gaan op na jou hoof Jy los op in die besoedelde eter die oorskied van jou ongeloof Jou buitelyne vervaag Hoe kon jy dit waag? Ek’s jammer om op jou skoene te kots Ons paaie gaan kruis en ons gaan bots, Kom ons aanvaar... dat ons mekaar In die afgrond af gaan dryf Jou kop steek dwars in my krop Jou hande hang aan bande om my lyf Als wat jy ooit begeer Lê soos ‘n nes van slange voor jou deur Die halfleeftyd is lankal verstryk Dis hoe die waarheid van die ander kant af lyk.

28-06-2019

Guntown

deur: antonbarnard
ek dink Guntown is ook ‘n plek waar ander mense na toe terug wil trek ons het vir onsself ‘n jeug ontwerp uit die bloue lug en verveeltheid

20-06-2019

breek die reëls

deur: antonbarnard
as ek by die rooilig staan en geen kar kom aan wil ek somtyds net ry en hoop niemand sien vir my

21-06-2019

aanstoot

deur: antonbarnard
ek druk al jou knoppiestot iets wil gebeurek steek met ‘n stok in die byenes van ras, sex en god ek vererg jou, ek krap jou om ek steek dwars in jou krop en ek doen dit aspris ek’s stroomop, aweregs ek’s moeilik en boos, veel te stil, te slim, te alleen om vir die samelewing van voordeel te wees subwersief, ondergrawe ek, laat vou die sisteem van die binnekant af om aanstoot gee is deel van my job ek fok met jou kop en jy aanbid my daarvoor

02-08-2019

Elegie vir Ionico

deur: antonbarnard
die één kon fuse glas aan staal die ander vertel van lig wat jou deur donker gange ly Ionico versmelt nou en gaan dood in die Moederstad se skoot al die organe moet binne bly al die bloed hier binne my in ‘n velsak toegebind gewelddadig rus gevind maar al my derms en binnegoed lê uitgeryg in my eie bloed op my fabriek se vloer op ‘n sypaadjie in Tamboer ek bou vir jou ‘n huis met ‘n kelder in die weskussand want so was jy dit gewoond uit jou eie geboorteland maar voor ek die plan kon maak was jou tyd verby en afgehaak waar toeriste loer uit busvensters en ons geheime kuierplekke oorvat vind jy op jou eie die dood ek lig my bier op en ek knik want ons is veilig hier en in ons skik hier in die Moederstad se skoot

14-05-2020