Joune

(uitge)brand

deur: arnojvvuuren
jou vuurhoutjie is dood, so eenvoudig soos dit. in tye soos hierdie is dit maklik om eufemisties te raak en oordrewe metafore in te span. maar man dit was so ampertjies, ons het nounet nog so gestaan met ons hande bak en kreun geluide maak soos ons die vlammetjie probeer beskerm en afkeer van die wind jy het nog gese ons moet mooi werk want dit is die enigste een in jou pakkie. ons het ons bes probeer maar helaas hier staan ons nou in die afwesigheid van vlamme staan ek en kontempleer, is dit nie scary dat ons nie kan onderskei tussen genoeg en te veel nie? ek bedoel, geen suurstof en die vuurhoutjie het geen hoop vir brand nie, wel suurstof maar geen windjie om dit rond te beweeg nie en jou uiteindelike kanse om 'n vuur te begin is skraal. 'n oordosis wind en jy kan weer nie hoop dat enige vuurhoutjie sal oorleef nie asof uit nerens hoor ek iets kraak en knetter in die verte, dit ruk my uit my dagdroom die vuurhoutjie in jou hand is steeds uitgebrand, maar soos ons langs die konka staan verbeel ek my ek ruik rook en voel die hitte van vlamme wat wild en woes brand. sonder keer, sonder blus, ongetem, vry -in memoriam

26-01-2019

slotsom(me)

deur: arnojvvuuren
4+6+12+13 = 35 maar 3+5 = 8 en dan is 8 = 2^3 en uiteindelik is 3-2 = 1 ons is almal soms fokken alleen

22-05-2019

Ballade van n stapel klippe

deur: arnojvvuuren
Langs n stofpad gaan staan hy stil langs n hoop klippe Hy tel een vir een op en begin dit rangskik: groot en klein, skerp en rond, plat en andersins Langs n gesorteerde hoop klippe besef hy daar is nou net een ding wat oorbly om te doen, bou Hy begin met n wye basis, want wie weet tot watter hoogtes hierdie hoop klippe in staat is Soos hy bou drup die sweet van sy vel, die trane uit sy oe, die bloed uit sy hande en die metafore uit sy gedagtes Vir wat na virewig voel hou die woel en werskaf aan tot dit op eens skielik stil raak. asof daar nooit hier gebou was nie, asof alles is soos wat dit nog altyd was *** Niemand weet regtig wat daai spesifieke dag langs daai spesifieke pad gebeur het nie, maar vandag nog stop mense by die stapel klippe en bid en sing en wees stil; want dit voel soos heilige grond

08-01-2019

I’m a motha fuckin gansta

deur: arnojvvuuren
As jy daaroor begin dink, iets wat die media en consumer culture sterk ontmoedig, kan jy die ironie in die term pop-culture sien Die korrekte herkoms van die term handel oor die samevoeging van die woorde populer en kultuur alhoewel dit eintlik maar te doen het met wat tans lit, on fleek en cool AF is As daardie terme vir jou vreemd en effens verwarrend klink het jy moontlik die fenomeen wat ek hier bespreek vrygespring, of jy is dalk buite die bedoelde teikenmark van my observasie en effens irrelevant Hierin le die tweestryd, die vrees en die vrede, weet jy is jy in maar gefok, weet jy nie is jy irrelevant en ook gefok Terug by my taal les, want ek digress Die verkorting van die stam woord, populer Eindig op as POP Maw ‘n lewelose plastiek namaaksel van n mens wat deur n meester beheer en manipuleer word Ek gaan nie verder verduidelik nie want ek is skielik te ontstel deur die metafoor Want dis hoe dit is (met enigiemand anders as daai donnerse steve) Of soos Biggie sou se: if you don’t know, now you know niggie*

03-11-2018

man make fire

deur: arnojvvuuren
Bewapen met hout, blitz en lighter marsjeer jy op die maat van kurt darren gereed om materie te manipuleer tot vuur, terwyl jy lekker stront praat Oor die skeinat daaragter is jy bietjie vaag maar jy vermoed dit het iets te doen met jou ballas of jou baard

07-02-2019