Joune
Jou Facebook lewe
deur: aud6362
Ek ken jou nie meerWeet nie meerVan jou likes en sharesWant ek volg jou nie meerDie algorithms vir my werk nie meerIewers het ons mekaar verloorIewers het ons paaie geskeiEn dis okayEk mis jou nie meerMy algorithm is volVan musiek en SpaansVan travel en nog meerVan interessante dingeEn by ander mense leerVan raadvra en raadgeeVan like en share Van dinge wat saak maakAl maak dit net sin en saak vir myJou algorithm kruis myne nie meer En dis als okay....
02-08-2019
Mr Instagram
deur: aud6362
Jou kleurvolle woorde raak aan my gemoedDit helder die dag op in reenboogkleureJy is nuut op InstagramHeel verdwaaldJou pad deurkruis myne en word eenVan kleure en lag gesiggiesn Dag vol lees en voelVan seerkry harte en te deelVan n nuwe dag aanpakMet vleiende woorde is jyn Aansporing vir die dag wat voorleEk glimlag en skryfn hart wat ligter word by die minuutDie pad deur jou Instagram hartMr Instagram jy is goed vir my
12-07-2019
Oseaan
deur: aud6362
Dit kan net jy wees wat dit doenMy vasmaak met seesandMy mond gesnoerWant as die branders oor my kaalvoete glyWil ek gilMaar ek byt my hemp vasEn laat die water oor my spoelMet die heerlike weteHier is net die beginVan in die branders rolMonde gesnoerVasgemaak in seesandAan n oseaan wat woel
05-09-2019
Ek het jou gemis
deur: aud6362
Ek het jou gemis DNJ
My klankbord in die diepe nag
Van slaaploopheid en wag
Vir dagbreek geluide voor nog n dag
Die nag is verby en sy is weg
My rooikop meisiekind wat was
En saam met haar het ek iets verloor
My eie donker nag
20-06-2019
Gister van gisters
deur: aud6362
Dit was weer een van daai daeDie gister van gistersVan onthou jy nog en meerHierdie keer was dit beterKon ek glimlag en die trane keerWant dit wat was is nie meerNou bly net die hoop van more oorn Nuwe dag n nuwe beginEk vrees nie meer moreWant vandag is more se gister
23-11-2019
Na middernag
deur: aud6362
Weer jy wat vir my wakker hou
Nie eers die maan wil vanaand skyn
Ek luister na die stilte
Dit raas en suis in my ore
Ek praat met jou
Jy luister nie
Jy antwoord nie
26-06-2019
Dis net jy
deur: aud6362
Ja DNJ dit is alweer ek en jy
My laatnag wakker le en wonder klankbord
Wat se raad het jy
Moeg is ek en gedaan
Maar net jy sal verstaan
Ons rooikop pop se tyd is min
Haar liggaampie gedaan
Gebroke harte omring haar bed
En my keel raak dik
Wat spreek jy uit in hierdie sombere tyd
Ons rooikop pop se moederhart is aan die
breek
Haar trane vloei al meer
Hoe vertroos ons haar in hierdie bitter koue nag
Gee tog raad
Hoe hou ons dan vas aan haar
Terwyl die engele wag om haar rooikop pragkind te kom haal
Ons rooikop pop se tyd is min
Bleek en weerloos le sy daar
Leeg word my hart
Diep en seer
Ek het geen woorde meer
Ons rooikop pop se tyd is min.....
11-06-2019
Sy naam is Fok
deur: aud6362
Jy se Fok is n vloekwoord
Maar waar kom hy vandaan
Wie in die geskiedenis het besluit op sy lot
Want menige mense gebruik sy naam
En tog ken niemand hom al roep hul sy naam
Sy naam is n sonde in ieder se oge
Maar wie het hom so gedoop
Sy naam word elke dag gebuig
Na elke een se tale
Self is hy nie meer seker wie hy is...
Fok - fokker - fokkit - fokkol
En dan kry hy by elke een n ander van
Fok #$%^**
Geen wonder hy soek die een wat besluit het oor sy lot
Want nou leer die oues hul kinders
Roep nie sy naam dis sy lot
Iemand het besluit sy naam is n vloekwoord
En iemand is nou dood
Wie gaan dan nou die vraag beantwoord
Is sy fokken naam Fok dan nogsteeds n vloekwoord ??
07-06-2019
Dokter Dokter
deur: aud6362
Jy kom uit die nuutMaak reg wat so lank al stukkend wasOndeunde bruin oeSagte hartLaat mens glo in nuwe toekomsteVan feeverhale wat wagJy wat lewens red sonder om te vraGee jy van jouself soveel sonder klaMaak gebreekte bene weer heelVerlig smart in n donker veraf landMag dit wat jy daar ervaarNooit die sonskynglimlag uit jou haal
11-07-2019
Ek luister 9
deur: aud6362
Die laatmiddag sonnetjie maak my lui
Ek sit en le en luister
Die blare ritsel en die skaduwees beweeg
Dit raak stil maar ook nie
Julle hou aan praat en ek luister
Van lank vergane gebeure
En van dit wat nou gebeur
Van kinders en geld en wonder
Wat voorle vir my en jou
En onse kinders wat nog wou
Van ontbeantwoorde vrae en gebede tot hier en nou
En ek staar by die venster uit na die dowwe laatmiddag winterson
My hart pyn en ek sien die lyding
Van ons van hulle en haar
Ons rooikop sonskyn kind wat ons verlaat
My keel trek toe en my gedagtes verjaar
Van dit wat was en meer
Hoe maak dit nie seer
Die rooikop liefling kind wat ons verlaat
08-06-2019
Is dit nag
deur: aud6362
Ek le in die voornagEk hunker na jouEk skryf in die nanagVan verskietende sterre'n donker maanEk soek jou in die woordeVan my skermMaar dis nagSo word my voornag Net n donker hunkering na jouEn my nanag bly leegSonder jou
12-09-2019
96
deur: aud6362
Ek dink aan jou
Kromgetrek oumens kind
Jou uurglas leeggeloop
Jou leemte le
Vyf geslagte in vergaan
Jy is nou weg maar hul gaan aan
Geseend was jy met mensekind
Jou eie dogter jou eie kind
Jaar na jaar onbaatsugtig versorg
Jou engelkind
Leeg le haar hart hoe kan jy verstaan
Die weg wat die lewe baan
Almal het verloor vanaand
Maar wie gaan haar hart verstaan
Wie kan haar vertroos en dankie se
Jare se versorging en nood
Van liefde en gee van opoffering en nie vra
Meet nie jou verlies met haar
Haar smart sal wees onmeetbaar
Haar opoffering en liefde tot einde en klaar
Oumenskind weggegaan
Spreek jou seeninge oor haar
10-06-2019
Ons rooikop pragkind sonskyn kind
deur: aud6362
Vandag is jy weg....
En nou kom die vrae
Waarom dan jy waarom dan nou
Weggeruk uit ons lewens met jou pyn en lyding
Maar so wil ons jou onthou
N pragtige sonskyn rooikop meisiekind
En net die liefde in ons harte vir jou....
16-06-2019
4am
deur: aud6362
Helder wakker le ek nouVan drome beroofJy spook in my nanagWat is dit met jouJou diep stem uit die noordeVerdryf die slaap en my woordeEk skryf nie meer in die ritme van jou stemEk teken nie meer die lyne van jou lyfEn tog hunker ek steeds na jouWyk nou uit my nanagMaak my vryOf kom haal myEn hou my ewig by jou
26-09-2019
Vadersdag
deur: aud6362
Vadersdag kruip nou nader
En ek weet jou hart word ook swaarder
N dag van niks he om te vier
Want julle is nie meer hier
Ek kyk rondom my en vra
Wat is n vadersdag sonder n pa
Soos n skilpad se lee dop
Die bo deel van n uurglas
Die lee plek aan die middagtafel
Die gat in my hart
Ek wil jou troos maar die woorde stik in my keel
Myne is weg joune is weg
Wat maak ons dan nou
Stik in ons hartseer
Maar dank ook die Heer
Vir n vader soos myne en n vader vir jou
12-06-2019
My na middernag lewe
deur: aud6362
Weereens die stilte van kloppendesekondes in na middernag ureNet die sagte asemhaling van jou is hoorbaarRustig en diep teken van 'n kommervrye leweJy kry aandag en kosWarm bed om mee te deelEk vra jou niks ek verstaanJy kan nie praat nieNiks vertel van wat jy sienJou stilte sal verewig duurEn dis okayJy bly my beste lojale vriend
12-07-2019
Vadersdag -1
deur: aud6362
Ek word wakker en verwonder my opnuut aan hierdie dag
Dieselfde vrolike geluide van buite
Nog n vrolike dag
Dan tref n nuwe gedagte my
Dit is Vadersdag vir my en jou
Ek lees die boodskap op my foon
Jy's weg, jou ewige Vader het jou kom haal
En ek skuif my pyn opsy en dink aan jou
En my hart is bly en seer en deurmekaar
Hierde is n dag van wen en verloor
En ek dink aan jou vadershart
Leeg en koud en vol pyn
Alleen op hierdie dag met sy eie smarte en berou
En ek wonder dan nou wat is die ergste nou
n Vadersdag sonder n vader of n Vadersdag sonder sy kind
En ek omvou jou in my gebede want ek ek nie jou rou
16-06-2019
Hoekom
deur: aud6362
Daar is nie meer omdraaikans
Die woorde is gese
Jy't dit gese sonder om eers te dink
Hoe dit my lewe sou beinvloed of verwoes
Nou is dit te laat jy is weg
Jammer sal jy nooit kan se
Maak nie saak jammer kom te laat
Nou verstaan ek eers my woedeweg
Iets wat ek moet beveg
Net ek kan my heelmaak
En ek gaan
Anders gaan ek nooit weer kan dans
Kaalvoete in die reen
06-07-2019
Nie meer wakker
deur: aud6362
Snags le ek nie meer wakkerWant jy klim nie meer deur my vensterdroomEk sluit my oe en weetDaar waar jy isMoet ons nog kom
24-07-2019
R2019SNLV
deur: aud6362
Ek wil vir jou n gediggie skryfRated R in 2019 wat de helMy lyf is deurweek van jouJou hardheid verstom myJou glinster verblind myJy hou my wakker tot ek komOm die deur oop te maakNa n nuwe dagMet of sonder jouJou woorde laat my lagEn jou poster hou elke beweging van my dopEn spoor my aan vir nogOm nog te skryfMaar my mond is gesnoerMy keel is droogJou stem word stilEn die oomblik is vir ewig verbyEn nou is jy weg...
10-09-2019
My inspirasie
deur: aud6362
Ek weet nie hoe ek weet nie van waar
Het jy gekom op my skerm praat
Soos n ster in die donkernag
'n rigtingwyser 'n noorde ster
Jy vertel jou stories en dit raak aan my
Jou wyse woorde bly by my
Gee rigting van 'n ander universe tot hier
Ek lees jou skrywe en deel dit wereldwyd
Iewers verlig jy dalk nog iemand se pad
Raak dit iemand anders se hart
Bepaal dit iemand se pad
Bly wie jy is
My noorde ster
Praat op my skerm jou wyse woorde
My inspirasie vir elke dag...
08-07-2019
Dis koud
deur: aud6362
Ek kry bibber en ek kry koud
Ek trek my rooi leeu supporter mussie oor my oor
Ek le en wag vir die donker om my te vang
Ek het niemand om nader te trek
Om my warm te hou
Ek trek jou nader DNJ
Ek gee my sorge oor aan jou
Ek deel my nuus van verlies en sorge
Net met jou
Van my oumens tante se weggaan
Van my jongmens niggie se laaste ure
More is jul altwee gone
En ek wonder en wonder
Van n purpose en wat wou
Van jy met 5 geslagte
En jy wat nie voort kan bou
Van jou volle lewe van kinders tot agter agter kleinkinders
Van jou wat nog wou begin
En ek wonder van n purpose
Van my en jou
10-06-2019
Vreemdeling
deur: aud6362
Jy maak jou deure oop vir myJy sorg vir n bordjie kos vir myJy vra niks jy oordeel niksWant jy weet van swaarkry selfEk word wakker in n snoesige bedjieEk luister na die voeltjies se fluisterEn ek wens die God wat jy dienEn wat vir jou sorgKen ook vir myWant as ek vandag hier weggaanWeet ek nie meerIs daar nog n plekkie in hierdie lewe vir myEk vat nou my bondeltjie en loopMaar nie voor ek hierdie vreemdelingSeen vir daaglikse brood
17-09-2019
Wat is jy...
deur: aud6362
Ek skryf vir jou...My museWat is jy?'n Engel of duiwel?Jy inspireer myMaar jy snoer my mondEk worstel in jou gedagtesJy in myneEngel of duiwel?Jy is...Jy was...My muse
12-09-2019
n Laat Laat middernag uur
deur: aud6362
El le wakker en luisterNa die laat laat middernag Se gefluisterEk probeer om te skryfMaar gedagtes aan jouBlokkeer die woorde van nouKom terug na myEn wees net nog eenkeerMy laatnag muse
08-10-2019
Einde
deur: aud6362
Elke keer dink ek weerHier breek die ellende einde aanMaar nog nooit gesienWat dan tog nouNiet breek die einde aanMoeg gespook, gespartelNog niet die eindeTel ek myself maar weer opWant die einde ellendeIs nog niet nie hier
27-08-2019
Voete
deur: aud6362
Kaalvoete opi strandKaal spore deur jou hartKaal is my toekomsKaal is my hartKaalvoete tussen lakensOmkrul tone ini nagKaal bly my bedLeeg is my hart
12-09-2019
Sterre donkernag
deur: aud6362
Die nagswarte duisternis sluk my in
Dit vul my hele wese
Die bloedrooi kleure wentel om my
Pols deur my lyf
Ek weg my baan deur die sterre donkernag
Maar vind geen ster of lig vir my
Die band van donkerte omring my
En al wat ek sien is die bloedrooi kleure
Wat wentel om my
Die sterre donkernag
Bly by my
26-06-2019
Nagtelike oggend
deur: aud6362
Deur die diepste donkernag voel dit soos oggendDie donkermaan het n sonskynglansDie lang nagstilte speel musiek in my oreMy koue hart brand warm in myMy vergete gedagtes smelt weg in stromeVan helder modder water poeleMy gedagtes slaap in sy wakker oeVerskuil teen die nag se warm koueDie woorde vertel van die warboel binnekantSny deur bene diep binne myDie nagstilte neem sy wraak en verjaag die musiekDie songlans word verdring deur n donker maanMy vuurwarm hart smelt weg in myTot net die ysflokkies oorblyVan n sprokiesdroom bly niks meer oorDie helder donker nag alleen bly staan
12-07-2019
Bedankingsbrief
deur: aud6362
Ek lees jou skrywe op DNJ
En ek wens ek het jou geken
Wat skryf van bedankingsbriewe
Aan mense uit jou lewe laat gaan
En dit fassineer my oneindig
My bedankingsbrief aan jou
Te diep om te verstaan
Bedank ek jou nou werklik
Of laat ek jou nou maar net gaan...
En ek soek eindeloos na woorde
Om my bedankingsbrief mee te vul
Is dit net dankie
Of laat ek jou nou gaan?
En ek worstel in my gedagtes
En kan nie verstaan
Wanneer het wilvreemde mense
Dan jou plek uitgestoot in jou eie nuwe baan
En die die horison van alleenheid
Kom my troos en vul my wese
Uit vreemde hande...my enigste troos
22-06-2019