Joune

Gepla

deur: chrisansaschhh
Ek drink ‘n vroegkoud koffie terwyl die maan spierwit sit en loer - skielik weer bewus dat sy nog die heeltyd sit en luister. Sy sien hoe ek die bewe in my keel kalmeer, sy luister terwyl ek die lelik in my fluister. En sy sluk-sluk my geraamtes swaar, en met elke sluk, ‘n bietjie meer lig. Todat sy koelrond pronk vol van my. En dan wonder ek: Is dit dan waarom ek gepla is met die maan - want alles wat eens gehang het aan my, dit álles, dit alles hang nou aan haar.

02-08-2018