Joune

Armoede

deur: colettecombrink
Ek het drie en twintig rand en vyf en veertig sent in die bank. Voor belasting. My jogurt is suur. Ek het my laaste pro-vita geëet. Ek het verlede week voor 'n tolhek gebedel, hulle vat toe nie debietkaarte nie. My hare raak te lank en my klere hang bietjie los. Ek ry verby jou, met my vol tenk 95, unleaded. Jy het drie en twintig sent en vyf en veertig blase in jou hand. Belastingvry. Jogurt is te duur. Jy het eergister laas geëet. Jy het laasweek langs die robot gebedel, vandag is dit langs Spar. Jou nerfaf hande, sê die lewe raak te lank, en jou asem begin jou effens effe los.

03-08-2018