Joune

ek dink aan jou

deur: cx_lyb
Daar is twee weergawes oor hoe ons ontmoet het. Dit maak dit moeilik om vir mense te vertel as hulle vra. I. Dit was ‘n leegerige en nogal kak club, in my eerste week van eerste jaar. ‘n Trance party en ek het gegaan saam mense wie ek aan vasgeklou het in ‘n probeerslag om vriende te maak. Dis moeilik gewees want al my vriende is Potch of Maties toe en ek het niemand geken nie. Ons het duur shots gekoop, want ons ken van niks beter nie, en die een girl het gesê sy wonder waar ons dagga sou kon opspoor vir eendag. Ekt eers vir jou RichBoy Joburg vriend gesien, gesels (of altans probeer maar hy was befok en het met bome kommunikeer) en toe na jou toe. Ek het vriendelik en preppy probeer klink, en gesê ek en my vriendin wonder waar om weed te kry. Ek kan nie onthou hoekom ek aanvanklik gedink het jy sal weet nie, maar ek sit die skuld maar nou net op die feit dat jy die vibe het van iemand wat sal weet waar om te kry. Jy was ook op shrooms, maar kalmer, net besig om by ‘n baie a shitty bankie ‘n handgerolde sigaret te rook (jy rook meestal net handgerolde sigarette – dis common back home in cape town, maar ek ken net van rebelse tieners wat kak pall malls rook om hulle ouers te spite so dis ‘n nuwe konsep vir my). Ons gesels bietjie, die girl wat zol gesoek het sê skielik sy wou nooit gehad het nie dis net ek. Ek voel asof ek stupid lyk maar jys nice en ons praat lekker. Ek bly ook nie lank nie, want die vibe is dood en gaan terug koshuis toe. Later, is dit vir my byna poëties dat ek na jou toe gekom het in ‘n shrooms trip. Shrooms is vir jou ‘n spiritual experience al is jy ‘n atiëis. In my geheimste drome voel ek dit maak my ‘n engel of ‘n feë of ‘n manic pixie dreamgirl of ‘n ding. II. Dis die Saterdag daarna, ons is by ‘n universiteits initiatief wat ontwerp is om die eerste jaars besig te hou sodat hulle nie hulle polse afkou van die ellende nie. Dis ‘n community engagement promo en ons moet in ‘n groep take voltooi (besig hou kak). Jy is in my groep in gedeel. ‘n Mislike dag met grys op grys, maar jou hare is lank en goud en jy straal soos my eie soort engel. Ons loop en praat die oggend om en ek dink by myself, my fok hys cool. Daars nie gedagtes oor wat kan gebeur nie, en ek dink partykeer dit help want nou maak ek nie of ek enige iets is behalwe myself nie. Jys ook in my eetsaal gewees en ons hê ons maaltye saam (nie alleen nie, maar saam met ’n spul ander). Die aand nooi jy my vir die beloofde dagga. Die keer daarna stap jy saam met my Pick ‘n Pay toe oor ek aandring dat ek ‘n blok kaas wil koop en eet soos ‘n toebroodjie. Jy luister die hele pad hoe ek praat oor Koos Kombuis se “Suidpunt – Jazz” en geloof en die huis en simpel kak. Jy luister aandagtig soos ek net aframmel. My lief, die man van eindlose geduld. Altyd still, altyd daar.

21-11-2018

Maangepla

deur: @cx_lyb
my Ouma het altyd gesê ek is 'n donkerkind my ma dink ek is melodramaties. party dae voel ek niks nie; voel ek soos 'n hol porselein pop op 'n rak in Ouma se huis maar ek het lewenslange neigings na hartseer en vul myself dus met traanigheid en treure. ek is met die maan gepla - so het Ouma gesê (ek moes seker haar woorde ter harte geneem het, want daar is nou sekelmane onder my oë) ' mal mense is met die maan gepla' sê ma sys reg, natuurlik, maar sy weet dit nie want ons praat nie sy sien liewers 'n porselein gesiggie as gekraakte ledemate

29-08-2020

On getiteld

deur: @cx_lyb
Ek het alles uitgevee, ek het probeer oor begin, ek het erken ek weet en is en kan níks. Ek verlos my van "pretensieuse" groteras/beteras idees. Ek onttrek. Hoor jy my? Ek onttrek. (onttrek/ont-rek/ontdek) Maak my tog net stil.

14-06-2020

Vrye fokken vrou!!,

deur: @cx_lyb
Ek gil ek skree ek raas ek gáán Tekere!! . Soos en vir al die ander (afrikaan/se) girls. Ek wil gehoor wees!

17-09-2020

Skerf

deur: @cx_lyb
'n vaas van my ouma se fyn, mooi, porcelain, sit in die glaskaserfstuk ding in die voorportaal is van kop tot toon gekraak Klein, fyn, stukkies,, Mooi en net net aanmekaar gehou, in stand gehou deur ander se omgee, ander se instandhouding, Wat vas plak, vas plak, En aanmekaar wíl Dit wat jare gelede besluit het om neer te smyt in skerwe

13-11-2020

Vonnegut.

deur: @cx_lyb
ek wens ek kon nog praat oor die mooi tussen die opgefok, soos Kurt. Soos ek altyd kon toe ek jonger was. iets hierbinne het uitgedoof, en sal skynbaar nóóit weer wees soos dit was nie. Iets kan nie meer versreëls maak nie; die reëls is dood. Dowwer en dowwer, verder en verder is die dae toe alles beauriful was, en nothing hurt.

28-02-2021