Joune

in swart-en-wit

deur: ek.is.anouk
op die paaie van my palms skyn/skuil die son(de)

02-07-2019

2.0

deur: ek.is.anouk
Die skrif is aan die muur: wondergom.

15-05-2019

Kalahari

deur: ek.is.anouk
Ons gaan blikkieskos eet; bound to be an adventure.

15-06-2019

karplaks!

deur: ek.is.anouk
met jou hand in die holte van my rug en jou gesig na my gedraai, het jy my trappie vir trappie boontoe gelei - agteruit, so gewoond al - en vasgenael op jou oë so. bloody. blou. het ek nie besef nie: my flat is al op die tweede vloer eers toe my regteroogbal op die oorkantste sypaadjie omrol en jou gewaar by vloer sewe se ruit uit kots, tref dit my: my flat wás al tweede vloer kyk, jy kón die hysbak gebruik het, dan was dit baie vinniger verby, jy is vasberade, I'll give you that maar vir sulke games kort jy ʼn sterker maag.

08-04-2019

Verlep

deur: ek.is.anouk
Die kerkklok luideur die mis.Jy het werk om te doen.Doodmoeg, ja,sê jy twee-uur (oggend),dis oor die harde werk.Dan's dit seker maardala what you must,I guess, jyweet mos wat jy moet.Ek dink slaap,maar anyway.

04-08-2019

11.05.19

deur: ek.is.anouk
Die somtotaal van wat ek vandag verteer het: 'n salami stick, 'n nartjie, 'n peer (nie myne nie), 'n halwe appel (wel myne), 'n halwe slab dark chocolate, nege ure van George se son, en die geskiedenis van die sonate. Dit klink soos ʼn onvaardige, onvoltooide postmoderne gedig.

15-05-2019

Oops

deur: ek.is.anouk
anderkant jammer is ʼn baie ver plek

09-04-2019

We agree on something!

deur: ek.is.anouk
"Nothing lasts."

07-07-2019

Leen

deur: ek.is.anouk
Kan ek dan nievan geleende tyd tussennou en nou-nou gouvanoggend weer gisteraand maaknie, met meer van gisteraand se ons, minder Sondag se spyt,en tydom nie weer te vermorsnie.

19-08-2019

duif

deur: ek.is.anouk
Dog het gedag ʼn hoender kom op as hy ʼn veer plant. Sal daar dan vrede opkom as ek jou met die bure se dooie wit duif op jou bors begrawe? En as ek ʼn olyftak in jou skedel bêre, sal jy vir eens - net éénmaal - nie kwaad gaan slaap nie?

14-04-2019

Klein Pella

deur: ek.is.anouk
Hulle sê 'n plek is godsverlate maar hiér hier is byna niemand (nie nóú nie); hier is dus die wêreld se plek vir God.

17-06-2019

Hoesê?

deur: ek.is.anouk
Sê my asdie leser nieverstaan nie,wat danis die doel van jou gedig?

20-09-2019

Ek probeer

deur: ek.is.anouk
Ek sweer ek probeer om te bytel aan my skrywersblok, maar ek sukkel om aan my woorde uit binêr geboorte te gee. Sondag se asem is ʼn lewelose sug en die papier kreun onder geil betekenis.

09-06-2019

Raai wat?

deur: ek.is.anouk
Iemand het gesêek moeteerder skryf as teken.En?Ek het vandag weergeteken.

11-11-2019

leeg, leeër, leegste

deur: ek.is.anouk
vanoggend is altydte laatvir gisteraand

21-07-2019

Wellington

deur: ek.is.anouk
kom ons huil a) oor hierdie Breyten gedigte b) oor die geld wat ek daarop spandeer het (en dus nie meer het nie)

11-06-2019

Op pad terug huis toe

deur: ek.is.anouk
Hoe is dit dat die sondealtyd Sóndaeop my rug kom lê?

18-08-2019