Joune

Wat bly dan oor?

deur: ena_stegmann
Kon ek vir jou verbeter het? Ver-jy het? Of ont-ek het?

11-01-2019

“Mooi gesê”

deur: ena_stegmann
Hou aan skryf.Skryf my nader aan jou.

16-09-2019

Afrikanernasionalisme

deur: ena_stegmann
Loftus 4 Jesus Loftus Marais Habana wat oor 'n wit lyn lê

11-09-2018

Huis

deur: ena_stegmann
Jis ek mis daai fucked up pan waarin my ma nou pannekoeke bak.

10-12-2019

Assumption

deur: ena_stegmann
Of al het ek al die kennis, sonder konteks is jy niks.

06-02-2019

Aspirantskrywer

deur: ena_stegmann
Hoe maak mens sin uit ‘n wêreld waar digters verwoord het wat jy voel En dit nog beter as jy doen?

15-01-2019

Note to self

deur: ena_stegmann
Waarmee is jy besig?

11-10-2019

Bestseller

deur: ena_stegmann
Ek: “Sê net vir my wat doen mens met die pyn, hierdie groot verlies?” Nadine: “As ek die antwoord op die vraag gehad het, het ek dit in ‘n botteltjie gesit en verkoop, maar al wat ek kan sê is: Pyn is ’n wave wat jy moet ry en jy moet vir hom ry totdat jy weer op die beach kom.”

25-09-2020

Natuurverskynsel

deur: ena_stegmann
Daar was ’n aardbewing in die Kaap — twee weke ná jy my uitmekaar geruk het.

04-10-2020

Ideologie

deur: ena_stegmann
Ek is so erg gebrainwash met idees oor hoe die lewe moet wees. Soveel so dat ek dit wéét, maar steeds nie die idees wil vergeet.

30-01-2019

Commitment

deur: ena_stegmann
Dan vee jy maar die hartjie-emoji wat jy langs sy naam getik het, uit. Vir altyd het mos die geneigdheid om ’n bietjie te lank te word.

22-09-2020

*Paar-rym

deur: ena_stegmann
Al my gevoelens lê opgeskryf in die swart Moleskine-boek langs my lyf. Vreemd wat alles langs mens kom lê as jy liefde in mense en goeters bêle. Nou lê ek alleen en staar na die dak en weet wat ek skryf is niks minder as kak. Ironies hoe mens vir jouself kan jok as jy niks is maar glo jy is Antjie Krog. *Ek weet paarrym is een woord.

13-10-2020

Lord bless me

deur: ena_stegmann
Iemand wat saam met my fan girl oor Taylor Swift, iemand wat oral, maar ook nêrens is. Ek soek iemand met grace en inner peace, wat weet dat ek roomys bo drank verkies. Iemand wat weet wat ‘n boek vir jou kan bied, ‘n rusplek, ‘n hawe, my kriptoniet. Iemand wat lag oor hierdie stukkie skrywe, maar dit êrens bêre, want hy weet dit is syne. Al klink dit soos iets deur ‘n wannabe Insta-poet, en al moes ek dit eintlik vir myself gehou het, gooi ek nou hierdie gedig in die void, en as iemand dit like, is ek overjoyed. Goed soos dié is bowerklik, God-gestuur, miskien moet ek Hom vanaand vra vir ‘n bier, maar flip ek sukkel om vir so iets te bid, want wie sê dis wat God vir my in gedagte het?

29-11-2020