Joune

vrydaggrappie

deur: evertesterhuizen
naïwe rymwoorde is onnodige moorde vanuit dieselfde ou oorde moeg. uitgedien. holrug gery poësie deur niemand beny skiet deur oog en elke sy tradisie is dood god blykbaar ook die gaan op in rook gedig moet nou ent kry woorde wil net vry maar ek is bly hierdie is ook nou uiteindelik verby

28-06-2019

Eerste Vierkant

deur: evertesterhuizen
Vergeelde huisverkoop-koerantjies -gemorspos- en verrimpelde vensterkoeverte en bruin akkerblare het op die stoep rondgedwarrel toe ek vanmiddag, net na vyf voor die saal se hout-en-glas deure in die eerste vierkant stilhou. Die leë oorstap-gang wat die klasse verbind aan die oorkant van die vierkant was al heeltemal vol koelte. Die swaar gangdeure, dig van stories binnehou. Die gevlekte koper hakies swaai in dieselfde pligsgetroue halfmaan spoor. Ek't roerloos tussen die oop motordeur en die trappies van die saal se geel teelstoep gestaan en later begin koors toe die hitte van die laaste strale plekmaak vir skaduwee. Die snoepietannie se fucked up rooi Mercedes het teen die laning bome net buitekant die vierkant verbygekom en nog swietpapiere en stofdeeltjies is die goue lig in. Die teerblad onder my voete het al begin oudword en ek wonder of die meisies ooit dink aan voorsorg wanneer hulle die stukkende oppervlak sien. Ás hulle nie al te vol van sien is nie. Jy het langs my kom staan. Ek kon jou asem ruik. Cinnamon Ice of so iets. Jy was weer sag en vroulik. Rimpelloos. En "verlig". Óns was mos. Die ander was sonder ervaring maar vol bangte. Dom en ruggraatloos. Geen dwarsheid te vind. Tot onlangs. Voor jou finale groet. ...turns out... ons is die groot kinders.

29-08-2019

Stil

deur: evertesterhuizen
Kom sit langs my. Sit net. Moenie; niks anders nie. Sit net bietjie. Ek kort om asem te haal. En ek haal altyd beter asem wanneer jy langs my sit. Sit net so So bietjie Hier langs my stil.

29-01-2019

OL<CPT

deur: evertesterhuizen
Iets ongemaklik bevrydend gebeur wanneer jy deur die skanse van nostalgie sien.

10-06-2019

veg of vlug

deur: evertesterhuizen
Jy't nou kinders. Jy moet hulle nou grootmaak. Hier. Geen meer ander opsie as blinde patriotisme nie. Jy was nooit só nie.

08-05-2019

Ons Klyntji

deur: evertesterhuizen
Ek's so opgewonde ek deel sommer die nuus met my familie!

20-07-2018

Veritas

deur: evertesterhuizen
Ek het gister gejok oor iets wat nie saakmaak nie.

20-02-2019

Lemoene vir Lien

deur: evertesterhuizen
breek my oop en skeur my vliese een vir een tot die sap teen jou ken afloop vat my vel en kneus die sagtheid hard of laat ek jou brand op jou stukkende plekkies die suur is te veel vir jou alkaliese brein so lek my skoon of drup jouself uit want hierdie is die vryste fokken vrug: cisman citrus and all.

07-10-2018

Bergpad

deur: evertesterhuizen
Daar's n vreemde soort gedeelde oomblik wanneer dit net jy, in jou fleet-issue corolla sonder hubcaps en 'n nuwe BMW 650i langs mekaar op De Waal Drive teen 80km/h in stad toe ry.

14-06-2019

Winter

deur: evertesterhuizen
Ek is liefde en hoesgoed saamgerol in 'n kokon van donsveer en corenza

01-06-2019

Rusplek, Majola

deur: evertesterhuizen
Koper en kristal gesels Hout en wit Concrete, klip en oogkontak Papier en lap Sag en hard en velkleur Oop en lig en skielik verskyn Verbind, maar privaat Arriveer en gesels, maar steeds Welkom en bly Groet en vriendelik, maar behoefte aan Saterdag en Donderdag Arms wat uitsteek. groet en Vriende. Vriendelik. Vriend. Ervaring eerste. Alleen. fokus en Raak deel. Sien binnekant en raak Heel.

01-07-2019

Russia from my backyard

deur: evertesterhuizen
Elkeen van julle weirdos. Die een met die spikey grys hare. Die een met die (choc-) chip op die skouer. Die een met die Springbok tat. Die een wat in elke foto goed lyk. Die een wie altyd karre praat. Die een met een-en-n-halwe maag. Die een wat kan bak. Die een met min hare en die een wie ma staan vir meeste van ons. Julle is my moederland.

25-12-2018

Nalatenskap

deur: evertesterhuizen
'n hele 7cm hoog staan hy daar op die swart fluweel sideboard lappie: pqrmantig met die kierie-tandestokkies in sy rug gesteek: emeraldgroen en melkwit marmerpatroon. 'n antieke jade tandestokkiehouer. Gróén antieke jade. "Reguit uit 'n Royal se huis:" van die béste huise vir die béste huise. Peperduur is ons vertel. Tot iemand se stokkie vassit. En Varkentjie saamtrek mond toe. En hy sy pêns vir ons wys: in embossed letters: "RESIN BATCH 312"

25-05-2019

Consumables: 2018

deur: evertesterhuizen
Koop (of gee) my asseblief 'n Nuwe perspektief; myne is amper klaar.

07-06-2019

25 September

deur: evertesterhuizen
Dinsdagmiddag 17h30 waai die wind en dis koud met dónkergrys wolke en almal vleg voor robotte met middelklas karre en 'n donkergroen bedelaarbroek op regs het 'n gat in sy lies en ek voel klein bietjie opgewonde en dink aan jou en dan nie en die donkerblou kar voor my stop onverwags en my bande skreeu effentjies en die volgende oomblik waai 'n Woolworths sak oor die voorruit en daar groei klein pers blommetjies tussen die pavement blokke op die middelman; 'n vrou soos my ma trek aan 'n sigaret en ash deur die venster; haar oë is rooi (gehuil?) en in die verbyry sien ek 'n verblykte CANSA sticker op haar agter bumper en klomp blomme op die sitplek. Gaan ons volgende jaar dié tyd steeds besig wees met dieselfde games?

25-09-2018

+

deur: evertesterhuizen
Ek't iets nuuts probeer Dit gebreek En ons altwee seergemaak

30-06-2019

Assessering by 'n haarkapper.

deur: evertesterhuizen
Uitslag: Positief Afkoelperiode: 7de - 23ste Desember '19 Insigte bekom: Alternatief konserwatief Geloofsinsigte: Min tot geen Partye Betrokke: __ + ___ Rede 1: Behoefte aan gedeelde kameraderie. Rede 2: Behoefte aan wilde geanimeerde omgang. Versoek 1: Refleksietyd. Ondersoek van motiewe tot behoefte aan verbintenis. Versoek 2: Omgangsintensiteit hersiening en sterk behoefte aan gedeelde belangstellings. Twee biologië. Dis nie só maklik nie, maar blyk al meer die moeite werd te wees.

23-12-2019

Heil'ge Hoender Chicken Stripper

deur: evertesterhuizen
Ek wil 'n gedig oor daardie plek se dônners perfekte chicken strips skryf. Maar daai nuggets of gold laat my sonder woorde. Al wat ek oor het is olieieduime en nat oë. En my hele hart. Siel. En lippe. Smaakkoppies. En elke smaak reseptor en verwerker hierbinne. Hou jou appels, hou jou pere. Steek weg die hooglied bulte en vou toe die snormossel geure. Chicken strips in Durbanville Checkers: gooi oop jou heilige deure! Sela.

25-06-2019

Milleniumdraai

deur: evertesterhuizen
Graad Drie Sun City Mr Bones Po-Mo Afrika patrone Chris Bangle - my ontwerper crush Klein-narcissistic- optimisme Silwer en wit BMW's Lost City concrete klip Savanna bome Middelklas Uprising RCI vakansies Neil Diamond Eerste rondelig E-klas Sonskyn en hoop in onsself Panfluit, TOTO en Era Eerste suigie Top Billing Kaapstad om 00:00 Oom Anton en tannie Maryna se sag beligde huis Tannie Fiona se J'adore- die aand in haar turquoise T-Shirt en baie goue juwele overlooking Beacon Baai Kruger Wildtuin en die Potholes Tension tussen my ma en pa- ons loop op eiers Marizaan se dalmation moonbag Dewald, Luan en Hayden Crush op sterke juffrou Anna-Marie (wie sélf gate boor) Vreemdheid dat party mense nie oor "mooi" worry nie Juffrou Liezl se onegalige wange en punt bolip Vrees vir meneer Van Eck Stoffel en Kolle (wat later deur 'n omval-tralie sou sterf.) DEKAT Oupa en sy Adcodols

10-02-2019

einde of begin begin of einde

deur: evertesterhuizen
Nog 'n advanced idee. Nog 'n politiese peen Nog 'n korrekte stelling Nog 'n toon om mis te trap Nog 'n irrasionele aanval op 'n vanilla observasie Nog 'n aandagslet Nog 'n avant-garde smaak gedeponeer op 'n Chicken strip palette. Die voorbokke het my groen en Die rug van die bell curve is maar kak En die agterryers (of is hulle voor in die volgende klok?) werk ook meer nie. Tussenin iewers is daar 'n sweet spot van heterogene aanvaarding en uitdagende vooruitgang. Dis dáár waar die wyn en smileys op hulle lékkerste saam is. Daar word DeGrendel en umqombothi saam geniet. Wanneer gaan daai plek ook hierdie plek wees?

27-01-2019

skoon

deur: evertesterhuizen
Jou hand het gisteraand oor die eenvoud van my eerlikheid gevou. Dankie dat jy nie 'n vuis gemaak het nie.

03-09-2019

Motte

deur: @evertesterhuizen
Vyf moderne wit karretjies- elk nie groter as 'n ou kewer nie- agter mekaar in n verbeelde spoor- oppad na hulle nesse- "jaag" elkeen in gelid verby die trek-trok.

12-04-2020

DNJ

deur: evertesterhuizen
Ons elkeen sit op ons eis in 'n gesiglose vorm en staar laatnag na die senter en wens hierdie gedigte gaan oor ander weergawes van ons- self

25-05-2019

nuus | no news

deur: @evertesterhuizen
Ek skuif die meubels wanneer daar slegte nuus drop. Soms ook sommer net; laat die oorskietlug weer bietjie roer. Vanaand slaap ek teen 'n nuwe muur.

09-04-2020

deur: evertesterhuizen
Om 'n hart wat lek oor die vloer te smeer is 'n verskriklike ding. Mag die mal kettingsae nooit in jou sagtevleise kom draai nie. Mag die maalvleisgedagtes jou nie verteer nie. En mag jy nie te veel bloed verloor nie. Eendag sal jy weer die Victorinox bo jou kop kan swaai en soos 'n panga deur 'n ryp vrug slaan. Maar tot dan... Verbind eers.

20-06-2019

Lui stelling (vir 'n gedig van later)

deur: evertesterhuizen
Great _____________ herinner my op 'n comforting manier hoe klein ek is. (En dat daar greatness en kompleksiteit bo my begrip is waaraan mens net kan oorgee). Broos-tevrede-koeëlvas in die teenwoordigheid van briljantheid. DigkunsBergtoneleWiskundeArgitektuurMense StoriesNatuurverskynselsTeorieëTegnologieIdeesKunsKaaskoek

12-07-2019

My lelike ou stoel.

deur: @evertesterhuizen
Mense kan sê wat hulle wil, maar 'n gemaklike sit, broei goeie gedagtes.

08-05-2020

kunswerk

deur: @evertesterhuizen
Die wêreld is lankal reeds opgeskryf in prentjies en patrone, opgebreek in grense en grafieke. Roer tog my bloed met 'n subliminale suggestie en jou wit streep donker lig.

29-04-2020