Joune

-

deur: francoislct
Toe leer ek Nietzsche by 'n Suid-Koreaanse boyband BTS het sewe lede Infiltreer die Weste met K-Pop En wen dalk eendag 'n Grammy RM, die groep se rapper, sê oor fate en destiny, en dié filosoof “Amor fati, love your fate” Ek het nie die mandaat ontvang om die wêreld te toer nie Ek is nie 'n blas meditereense seun op 'n yacht nie Ek bly ook nie in Ugunda nie 🌈 Maar, aanvaar, sê RM Aanvaar jou ingebore pad Dan kan jy daarop begin draaie maak Die K-Popper sê hy glo in sy lot As syne om te verander En ek glimlag, toegepaste Nietzsche, van 'n K-Pop band

04-08-2018

-

deur: francoislct
Ek het nog nooit ‘n boom besit nie ‘n kar gehuur nie of ‘n bank gekoop nie Ek besit nie ‘n oond nie Ek het nie gordyne nie Ander mense se grasperke is vaal Ek is sonder hierdie dinge Kuns is in galerye Lewensversekering op die radio Hoe betaal mens dit? Hoe gaan mens dit aan? Ek is sonder hierdie dinge Wat ek oor skuldig voel Ek is in hierdie wêreld ‘n besoeker (2017)

04-04-2019

Juanita aan't vlieg

deur: francoislct
'n Muslimvrou sit langsaan Juanita Juanita lees Amanda Palmer se outobiografie Uitdagende voorblad Sterk boodskap Eerlik, opreg Die onbekende vrou kyk Stip, soms Juanita: “Do you know this author?” Die vrou sê nee, toeganklik, half verwonder “Here, have it” Sy protesteer, bied geld aan “No, it's yours, just read it, pass it on” Die boek was net half gelees

15-11-2018

deur: francoislct
Soveel ongelese boeke, maar steeds sal mense skryf.

26-05-2019

deur: francoislct
Eksistensie maak nie sense nie En dit help nie om te wens nie Jy word nooit mens nie

17-06-2019