Joune

Offer

deur: glasasem
so ek donner al my gedigtein los papiertjies en notaboeke en daardie halwe manuskripte wat niemand inelkgeval sou lees nie myself op jou altaar neer ek hoop híérdie offer is aanneemlik vir Jou

29-08-2019

Elegie vir die Moeder

deur: glasasem
Die son kom traag oor 'n grys aarde op. Asem die rook in groot teue tot diep in haar longe gebore in roet. Die aarde lê stil uitgeklop na te veel wyn wat gedokter is en onwetend in haar are gepomp is. Die kind in haar maag is dood. Voor geboorte verkrag haar lewe met 'n geroeste hanger uitgeskraap en vir oorvet katte gegooi om op te kots. Die aarde lê naak. Beswadder. Vuilgevat met jagse hande wat haar borste oopskeur en dans in haar melk. Moeder. Bloed. Skande. Rooi riviere van bloed en melk en ru-olie pomp deur die laaste oorlewendes se koolstofharte. Glo nog hulle is veilig. Die son kom mos nog skaam op Glo ons. Al sien ons haar nie meer agter die roetgordyn nie.

15-05-2019