Joune

Sorrie

deur: handyandy.art
Ek was die ou wat die middelste cubicle gebruik het

15-02-2019

Argitektuur

deur: handyandy.art
Mag, op jou, sonneblomme val Vanuit ‘n goue hemel Getroon met geboue van Gaudi Daai plek waar ek nooit sal kan wees Mag ek ‘n sonneblom wees Wat vanuit daai goue hemel val Om jou ligtelik te kan raak met die afkom slag ‘n Wens Dis jy In jou, om jou, naby jou ‘n Wens Dis jy Miskien ‘n illusie Te goed om waar te wees Ek lieg Die sonneblom het reeds hand uit gesteek Haar omgedraai na die son En ek, die maan, die nag kom saai Toe ek, te laat, hand uit steek vir die laaste Lig, van die goue uur.

20-01-2019

Hemelsbreed

deur: handyandy.art
Wat ons is, is hemelsbreed Jy die Hoofletter en ek die punt. Amper so breed Die uitgestrekte teer tussen Die Kaap en Stellenbosch Miljoene klippe elk vasgevang in die swart Die wit lyne lei my na jou En hier op die wit van gedrukte denne probeer ek die miljoene klippe tussen ons in ink naboots Ek probeer, maar dit ontbreek my Woorde Dis hier in die lugblou poele van jou oë, met die swart belynde miljoene klippe daarom Waar ek weer tuis kom Want dit ontbreek my Die woorde, die lyne om jou na jou te lei.

24-01-2019

Vol vere

deur: handyandy.art
Vandag, wou ek vlieg Toe pluk hulle my vere En vleg dit deur my tande Sou ek dan praat dat een-een my tande vlug sou slaan En my tong skaamteloos begin wegkruip Nou sit ek met ‘n bek vol vere En voel vere Want my tong lippe-die-dip en my vlerkies klippe-die-klap Die ou nostalgiese herinnering van onthou - die hoe-hoe? die so-só Kyk Sit jou oor teen my oor En luister na die tjirr van voëls wat vlerkklap Om die essensie van jou nakende skoonheid te Verwoord.

05-02-2019

Orait

deur: handyandy.art
laasnag het ek die aux kabel Teen my hart gedruk Die geklop is weg spoegwurms neem oor Die wegraping van rooi en wit bloedselle Nou, vir die larwes, mot en gog — kom leef in my kuwe En klap die vlerk Om asem te haal Die lied wat ek nie ken Orait, ek hoop ‘n hemel wag op my

04-09-2019

Oervrees

deur: handyandy.art
Dis die Witvrees wat gil in die nag Om tienuur gil Sy die alveoli uit haar longe Om te verval in die nagwaak Oop oë op haar rug in bekommernis vir die dag van môre In die oggend pluk die Witvrees haar borste uit hul nate Om die laaste witmelk vir haar kinders voor te sit oombliklik word sy weer aap, oermens -vrou Die wete dat die wiskunde van die lewe gelyk is aan die somtotaal van die uiterstes Maar teen laatmiddag wanneer die wit en rooi ophou drup het Wanneer haar oë slegs wit albasters in hulle garingsakkies is Dan word sy die moderne vrou Die gee ‘n fok, maak skuld en lig jou vuiste vir die môre op.

19-02-2019

Die ding

deur: handyandy.art
Ek verval in clichés Die ding van blomme koop wat sal dooi Die ding van pienk Steri-Stumpies koop wat sal opraak Winter groet en bladskud met Lente Sodat Somer my kan belas met Desember Die ding van blomme en Steri-Stumpies en seisoene Is dat hulle sing van hergeboortes Harmonieë skep Sonder ophou En my clichés sing Vir die liefde wat jy is Onophoudend

29-01-2019

Inside Joke

deur: handyandy.art
Ek kort nie ‘n Jeniffer Arniston Ek kort dagdronk oomblikke Die diepte van jou oë Waarin berge versteek die illusie Van jou Die 30 Seconds om te weet jy Is die begin en die einde

16-01-2019

Naguile

deur: handyandy.art
Ons is gemaak vir die nag Die ek en die jy Naguile wat nek omdraai na Ontelbare gloeilampe wat val Deur die swart laken wat ritmies dans op die maat van die wind En ons beskut

18-01-2019