Joune

namiddag

deur: ilzedup94
daar is môre 'n vergaderingoor konflikhantering. woensdag moet ek my sperdatumvang. donderdag het ek 'n werkswinkel. daar is môre 'n vergadering oor 'n sperdatum. woensdag moet ek my werkswinkel vang. donderdag het ek konflikhantering. daar is môre 'n konflikhantering. 'n werkswinkel vang my vergadering woensdag donderdag het ek 'n sperdatum.

10-02-2020

by 'n rugbygame

deur: ilzedup94
toe jy gistraand van haar praathet alles in jou aan gegaansoos 'n lampie in 'n stowwerige vertrekwas daar iets in jou groter as die Ek: jou oë was glaserigdie maan was kaaserigsoos 'n cheesy love gedigkon ek haar mond sien op jou gesigen toe jy oor haar lagwas dit soos 'n oopgebreektewaatlemoen met pitte wat agterblyen in die aandlug hul eie kleinsaadjies plantvanoggend toe ek wakker wordwas my hart so vol vir jouen so leeg vir my: jy word verteer deur geluken ek deur 'n kak gedig.

04-08-2019

aandete

deur: ilzedup94
by die plaaslike mcdonaldskyk jy na jou foonna die tydna iets wat jou aandagoombliklik kan vasvangmiskien die leë coke tussenonsek glo nie in god nieverklaar jy tussen happebig macblaarslaai wat psalms deurjou tande sing en sous wat nagmaal op op jou lippe vier en ek wonder skielik hoe ek ooit jesus christus in jou kon gesoek het.

12-02-2020

4.53 a.m

deur: ilzedup94
almal dink dis moerse poetic maar hoe gee jy van jouself wanneer jy nie eers baie vir jouself het nie?

06-07-2019

abyss

deur: ilzedup94
op die ou einde van die dagis die enigste ding wateintlik saak maakdie persoon aan wie jy dinkas jy sit en na die see kyk.

19-10-2019

Nare liefde

deur: ilzedup94
Ek hou van jou want jy hou van my. Dis hoe ek my ego voer dit is hoe ek honger bly.

07-07-2019

somerkersfees

deur: ilzedup94
ek is die swetende gepekelde hamas ek aan tafel siten krêkkers saam my broer moet trekwat maande lank nie met my ouerspraat niewant my pa dink Danie Visagie is net 'n fasedan kyk ek na die oopgevlekte hoenner en dinkfok dis warmte warm om hier te sit om die vleis vol vlieëasof daar iets vrot onder die vel sitdit wag om te ontplofen dis 'n teleurstellende grappie: what do you call a man with no body and no nose? nobody nose. hahahaha, sê ma. kom ons bid, brom pa.

22-12-2019

Monoloog

deur: ilzedup94
Argumente is maklik om te wen tensy dit met jouself is.

06-06-2019

daddy issues volume I

deur: ilzedup94
pantser-arms om my druk te hard en breek my dwars; los gate wat lek.

24-11-2019

Telegram

deur: ilzedup94
My potloodhart skryf jy stomp en druk te hard om uit te vee Stop Stop Stop.

30-06-2019

bukowski

deur: ilzedup94
in jou oë swem whisky en uit jou hand bloei inkek wens ek was die Janevir wie jy 'n drankie wou skinkmaar ek is soos daai sleg hoerwat jou gistraand weer sleggesê heten al wat ek eintlik wou weetis of jy my lief gehê het.

28-08-2019

10111

deur: ilzedup94
my ma het altyd gesêsy gaan die duiwel bel om my te kom haalas ek myself nie kan gedra nieen mens gaan heltoe as jy stout issy het nooit gesê hel kom laterna jou toe en daar is niemandoor om te bel nie.

29-12-2019

Post thyself

deur: ilzedup94
sê hy maar ek is internetskind sonder identiteit gedigte gebroke, gebore uit spyt.

09-06-2019

Boendoe

deur: ilzedup94
nuuskierige aapstert wat na my loer te klein om te verstaan wat die mens aan hom kan doen kom al hoe nader aan my vinger wat teen die glas rus sien hy dalk in my oë die antwoorde wat daar op die lewe is? maar in sy ogies sien ek meer, sy oergeheime sluit hy op en hy los my met veel meer vrae oor die heelal se ritmiese gallop.

11-06-2019

Haiku #4

deur: ilzedup94
woelwater spoel uitoor my lyk, 'n kamma skulp wat op jou rak pryk.

28-07-2019

Hey girl

deur: ilzedup94
jy is heeltemal blou getik met jou whatsapp watch out it's a trap want niemand reply nie pasop dat jou selfrespek nie wegwaai nie wanneer jy in millisekondes wag vir 'n boodskap om jou dag te voltooi: hy sê vir jou jy's great terwyl hy een van jou vriendinne date sit neer daai foun en tel op 'n boek woorde is anyway meer werd as looks.

10-06-2019

Speelgoed

deur: ilzedup94
jy het my knoppies lekker gedruktot jou xbox se joystickinteressanter begin raak het, want speelgoed behoort nieso emosioneel te raak niedie console maak anyway meer geraas as ek.

03-10-2019

Suburbia

deur: ilzedup94
diversiteitis die tamagotchi van 2019.dit beland in die verkeerdehande en vrek nog voor ditvolgroeid is. dit word na 'n week nie meergetrou skool toe geneem nieen die bediende pak dit wegna sy uit haar aparte pep-store rose collection moet eet.

14-07-2019

maandagaand

deur: ilzedup94
jan blohm weer vanaanden ek mis jougroen truiwat gemaklik soos 'n tweede vel gesit het en my vinnig kaal gelaat het.

24-02-2020

80ste

deur: ilzedup94
in 'n oomblik van waansinhet ek gedink ek isverlief op die idee van jou en dat breyten nog die heeltyddignamens jouvir my

16-09-2019

Maandag

deur: ilzedup94
weeren weeren verrinneweer mynog 'n keer.

16-09-2019

22:19

deur: ilzedup94
die see se skoon skildersdoekbreek net met elke brandermaar ek sien jou wit tande lagtussen die skuim (it's not inside it's on tophet jy altyd met cremora humor gesê maar jy was ook nooit regtig binne nienet bo vir versiering) wat oppervlakkig op die water verdwyn.

03-02-2020

B.A

deur: ilzedup94
dis beter om iets te doenwaarvoor jy lief isas om geld te maak. - uit boomer-leuens en ander verhale.

26-10-2019

...

deur: ilzedup94
son of the sun basking there in your rays warming up to the fact that you haven't been oppressed for a day dazed dazed and confused you sit and burn up when I dare shout abuse and I'm not talking about punches or fists not even beatings or whips it's those strong sirens of silence a quiet act of violence where you refuse to admit that I'm only human and so are you but what do you do sunbathe in contempt as an attempt to burn me out a thing I resent son of the son of the son before you generations fought for their own emancipation in a quest for evolution it led to our devolution so don't sit there and ask why we need this goddamn revolution.

26-05-2019

Vrou (s.nw):

deur: ilzedup94
vasgekeer tussen haar pa se vanen haar man s'n.

04-11-2019

Nog 'n cliché

deur: ilzedup94
say, lovey, wanneer laas het jy by 'n krans af ge spring dat jou hele lyf dans van die koue water? nog nooit? miskien moet jy ophou om so diep te dink. dit gaan jou nie help om d i e p te lewe nie. Say, lovey? Ja? Huiwer. Niks, lovey. You win some and lose some. C'est la vie.

27-05-2019

self-love

deur: @ilzedup94
vlek my oop my skat en jy sal vind: ek is 'n aborsie wat leer loop het en jy moet my probeer liefhê in glorieryke self-verwerping

10-03-2020

wyn: nie 'n haiku nie

deur: @ilzedup94
goue vloeistof meng my in verdrietige eks- tase: infinitief

11-09-2020

lockdown

deur: @ilzedup94
by die slaghuis sien ek twee mense wat mekaar raakloop en in hul stemme hang omhelsing: ons bly in 'n wêreld waar steak en menslike kontak nie dieselfde essential service is nie.

15-04-2020

die voël is 'n metafoor

deur: @ilzedup94
in die woud was weer 'n grondpad waar ek afgedwaal het en tussen die herfsblare onthou ek jy was eens ook hier 'n voël sonder vlerke en met lang bene sodat jy jou drome bo almal s'n kon sien om die bome het jy my gelei met jou nagtegaallied wat jy nie self wou hoor nie ek het gedink ek was 'n duif wat langs jou kon koer maar ek was 'n wurm wat gedink het jou mond was 'n veilige gat om in te klim

07-06-2020

ek het eenkeer hierdie vriend gehad

deur: @ilzedup94
jy staan op tafelberg met vlerke aan beide kante van die sterre teensinnig bak jou hande om alles wat jy sien gryp wat jy wil hê vat wat jy verdien en vanwaar die see my in 'n wiegelied troos probeer ek jou vingerpunte raak soos dit by my omdraai maar ons loop parallel bymekaar verby opsoek na die ander, tragies aan't verander

11-09-2020

gesange

deur: @ilzedup94
ek sal jou graag tussen my vingerpunte wil vashou soos wanneer ek deur my bybel blaai en bang is ek word gestraf as ek die dun bladsye skeur en dan sal ek elke gebod wat oor jou maag geskryf is, elke hooglied wat aan jou heup toegewy is en elke psalm wat op jou polse bely is wil lees in die gevlekte mosaïek lig op 'n soel Sondagoggend

03-11-2020

haikoekoe

deur: @ilzedup94
ek wil jou vasvang in 'n haiku 'n 17-lettergreep liefdesbrief 'n heilige 3-reël gesang wat net ek sal kan skryf wat net ek sal kan verstaan en ek wil die versreëls oor en oor tel om seker te maak dat jy werklik uit niks uit bestaan

08-07-2020

moccasins

deur: @ilzedup94
dis so maklik om weg te kom met moord wanneer almal 'n geclichéde myl in jou skoene loop maar hoe lank moet mens loop voor jy jou eie paar weer mag aantrek?

11-06-2020

Maandag

deur: @ilzedup94
in 'n papier-maché boot reis ek deur deur die rivier wat vloei in A-mineur wit en swart golwe wat my in drie-vier rondswaai vermom in die idee van roetine maar waar is die struktuur wanneer ek sonder houtgom en klavier by die einde van die aarde my laaste wals draai?

31-08-2020

ek hou van haiku's okay

deur: @ilzedup94
ek is 'n haiku wat wag om te gebeur maar jy kan nie tel nie

02-08-2020

1 Junie 2020

deur: @ilzedup94
let's get drank.

26-05-2020

anxiety

deur: @ilzedup94
jy weet as jy jou oorfone gebruik en dit netjies oprol en dit in jou baadjie se sak sit, maar as jy dit weer wil gebruik is dit 'n absolute gemors 'n totale koekerasie 'n onverklaarbare nes van deurmekaar drade? dit, terwyl die liedjie wat jy die meeste haat in die agtergrond speel sonder end al is dit nêrens ingeprop nie.

13-03-2020

Winter.

deur: @ilzedup94
koue kraak na binne sneeuvlokkies breek van buite ek's in die middel

02-08-2020

pining

deur: @ilzedup94
love is a tinted machine I can see only myself in the darkened windscreen

11-09-2020

infomercial

deur: @ilzedup94
alles in die lewe is verniet soos 'n verimark advertensie en nes jy dink jy het die motherload van orgastiese geluk bereik tref dit jou met 'n jubel en gejuig: but wait, there's more! dan volg 'n gerepeteerde demonstrasie van hoeveel meer daar nog oor is en al is ons brandarm platsak morone moet ons tevrede wees dat ons nog kan bekostig om na die televisie te kan sit en staar.

18-04-2020

noem my wat jy wil

deur: @ilzedup94
ek is 'n gedig wat plek soek om te gebeur

02-11-2020

love in the time of corona

deur: @ilzedup94
o hoe wonderlik om weer jou hand te kan vashou.

30-03-2020

tou

deur: @ilzedup94
en die wêreld het vir jou tou gegee om jou drome van die hemel af te hang tussen die sterre vas te maak en op te klim tot jy die wolke kon raak die wêreld het vir jou tou gegee maar die dak was in jou pad al wat jy gedoen het was om 'n ander manier te kry om op die maan te land.

19-06-2020

hospitaalbed

deur: @ilzedup94
ek was vir 'n lang ruk in 'n koma vasgekoppel aan 'n ventilator met jou mond as masker oor my gesig vermom as ekstra suurstof maar tog was ek breindood verklaar nog voor ek jou kon inasem.

25-06-2020

maandagmiddag.

deur: @ilzedup94
jy dra jou pa se naam en ook sy skreeuende letsels wat oor jou eie stem raas as jy drink ek het nog net een keer met jou gesels oor goed wat saak maak jy weet goed wat rêrig sáák maak maar ons gesprek was te gou kortgeknip en al wat tussen ons hang is die laaste hoekom en die laaste dop wat jy my nog skuld

21-09-2020

RBF

deur: ilzedup94
hoekom smile die girl dan nieyou ask when we both know it's a farceyou don't really want to see my teethand I want you to believethat I might actually be made of ice you don't get to find out that I'm pleasantly nice you won't get the chance you see, I don't need to prance when you greet me with nonchalance because you think you're so cool I know my ass has grown since school but you don't have to help me squat I know my way around my own body, believe it or not when I tell you no it's not an invite to go tell your friends that I'm rude yet when I smile too much you'll tell them I'm lewd I avoid eye contact because it seems like friendliness is a contract you're bound to when you smile at a guy you're around too much such bull shit: you call it bitch face I call it surviving with grace.

12-11-2019

as genesis 'n haiku was

deur: @ilzedup94
god, vorm my uit niks: 'n ribbekas van modder en 'n hart van klei

01-11-2020

op 'n warm wintersdag by die strand, durban

deur: @ilzedup94
skuimsatyn rol oor my deur my tone kruip uitgeput tot op die sand. warm oosterse gety wat geen herberg het by hierdie kus nie. waterspieël speel met my en skeepsbrak blaf in my gesig huilend na die maan sonder hok of huis orals en nêrens tuis.

08-06-2020

the tree of longing

deur: @ilzedup94
there's a forest in your hair where my fingers stroll caressing roots that kiss the scalp, meandering into your memories where I would very much like to build a nest for my own weary head.

06-08-2020

kat

deur: @ilzedup94
wispelturige weerlose wonderwerke wemelend en wild

12-08-2020

anna

deur: @ilzedup94
my ma se ma se naam was anna en sy het my geken deur my ma se naeltjie ek het haar leer ken deur haar graf waar my ma haar grootste wense vir my kon neerlê veilig soos in die arms van 'n ouma en ek wens ek kan anna vir my ma lewendig skryf sodat sy net nog een keer weer deur haar bladsye kan blaai.

28-04-2020

Notes on a birth month

deur: @ilzedup94
midyear winds blow whispers over the sun watching over me from a distance but always blessing my crown christened by rain every year on this night a promise that i belong to july as much as she belongs to me

08-07-2020

sssss

deur: @ilzedup94
i scattered sunflowers in the sand and i thought the seeds would start sprouting when i sang david bowie to it but starman staggered on my lips scratching the scathing surface without so much as shattering so i shook sense into my psyche slithering slowly past the self snaking along the silence. i realized sudden sprouting is shit when forced just like this awful alliteration.

12-07-2020

lunchbox

deur: @ilzedup94
twee mense sit langs mekaar in 'n lunchbox met 'n lid wat nie wil oop nie. die vrugteskyfies wat netjies aan die een kant afgesonder is, is reeds deur die hitte vergis en die reuk styg desperaat na die plafon soos brooddeeg wat pas geknie is. twee mense sit langs mekaar in 'n lunchbox met 'n lid wat nie wil oop nie netjies kompak nes die toebies wat Ma altyd snoesig vir jou ingepak het maar hier is geen botter meer te smeer nie net oorblywende korsies wat vanmiddag skelm in die asblik gaan beland.

23-03-2020

accomplice

deur: @ilzedup94
the dog growls and i bark.

02-07-2020

the modern poet's guide to writing

deur: @ilzedup94
blykbaar is jy diep as jy Bukowski quote en goedkoop whisky drink

15-11-2020

somer, durban 2020

deur: @ilzedup94
ruik jy ook die warmte op die punt van jou perfekte neus? die son het daarop nesgemaak en speel tussen jou wimpers: goue voëltjies lomerig in die laatmiddag hitte. voel jy ook die wind op die rondings van jou reeds rooi wange? die briesie het daar kom huis bou en streel oor jou sproete: bruin soentjies geanker in die somerlug. ek wens ek kon die strale van jou vang en in die winter weer vrylaat.

27-12-2020

lesse van die baar moeder (ek weet dis een woord)

deur: @ilzedup94
my ma het vir my gesê my eerste woord was "nee" en hoe ek dit gesê het nog voor die vraag gevra was: nee net nee sonder rede, sommer so sommerso en tog al is dit die laaste woord is dit steeds nie genoeg nie

30-12-2020

Modern romance

deur: @ilzedup94
"Ek mis die Kaap." "Dink jy die Kaap voel dieselfde?"

02-01-2021

swemles vir een

deur: @ilzedup94
ek is gewigloos en onder. die son sak. dis later. ek is die meerminlike godin van die onderwater, myself gekruisig en gesink sodat ek kan ronddryf buite proporsie want hier kan ek sê dat ek meer behoort as waar mense op twee voete loop en ek tussen hulle verdrink. maar my suurstof raak min, my kiewe verkrimp. hou my hieronder, bepleit ek julle. laat my ore net suis en my oë sonder pretensie kan nat bly.

04-01-2021

woof woof

deur: @ilzedup94
lojaal soos 'n hond word geskop soos 'n hond.

08-01-2021

haiku vir ons

deur: @ilzedup94
kussingsag fluweel vou ek mank in jou arms in rykdom van die vlees

12-01-2021

son

deur: @ilzedup94
ek wil saam met jou die son jaag en strale sluk, my vuurbeminde

14-01-2021

金繕い (kintsukuroi)

deur: @ilzedup94
to repair with gold is to romanticize the broken pieces, too.

20-01-2021

porselein

deur: @ilzedup94
ligbruin tierlantyn sit jy op my rak en skyn popmooi en ragfyn.

01-02-2021

Mamma, ek wil nie soos die res wees nie

deur: @ilzedup94
(met apologie aan Marlise Joubert) kinders soos mossies hande altyd afgekapte vlerke elke lyfie 'n huilende gesang pik-pik rond op die waterspieël van 'n doellose gang traag stort die druppels klank oor haar neer waar sy die reuk van klam benoudheid uit haar grootmenslewe ruik; waar sy daagliks mor en protesteer waarom moet als nou gebeur waarom voel ek buite beheer waarom moet ek ewig alleen stoei teen die gevoel om te presteer. sy wens die dae weer oor - met elke tree wroeg sy teen dit wat sy reeds weet: niks kan ons beskerm teen die onheil van ons ambisie nie.

04-02-2021

adulting 2021

deur: @ilzedup94
klim middernag in jou kar sonder om die ligte aan te skakel en gaan ry 'n ent op 'n verlate stuk pad. al raak jou oë aan die donker gewoond, sal die padtekens slegs despotiese versierings wees wat jou blindelings koggel. die dou sal te vroeg val en die oggend te laat kom en miskien aan die anderkant van môre sien jy nog 'n kar sonder kopligte vir wie jy kan waai.

10-02-2021

gister se tropiese klimaat

deur: @ilzedup94
reën. verdrink. gesink. verdwaal. vergiet. vergete. ek. die. verlede.

16-02-2021

drie duiwe sit en kyk na my

deur: @ilzedup94
drie duiwe sit en kyk na my soos wat ek by die seunsskool se swembad induik so sonder seremonie en kyk na my arms, fladderende vlerke en kyk na my voete, vinniger, vinniger en kruip weg vir my, want ek is 'n mens. drie aasvoëls sit en kyk na my soos wat ek by die seunsskool se swembad induik so sonder seremonie en kyk hoe ek na elke derde slag opkom vir asem en kyk hoe my moeë lyf om ruste smeek en koggel my, want ek is 'n mens.

09-03-2021

3:28

deur: @ilzedup94
om 3:28 het ek wakker geword omdat dit te donker was die nag het my versmoor: 'n volwasse kotmoord deur 'n selfsugtige ma want, sien, die donker dink net aan haarself sy fluister in jou oor tot jy slaap sodra jy daar is, lag sy jou weer wakker in 'n siek speletjie waar jy alles gaan onthou wat jy nog ooit verkeerd gedoen het almal wie jy nog ooit gedink het jy lief gehad het alles wat jy nog moet doen sodra die son die horison ontsluit en jy kan slegs wen as jy 'n halfuur voor jou alarm sy eerste skree gee genadiglik weer kan insluimer.

12-03-2021

lang dag op kantoor

deur: @ilzedup94
ek wonder of h.a fagan ooit gedink het dat ek het 'n huisie by die see eendag vir tweedetaal matriekleerlinge voorgeskryf sou word en dat die departement van onderwys sou hamer op die betekenis van die verkleinwoord in die titel asof dit die belangrikste element ter sprake is. dis nag.

18-03-2021

misconceptions tydens yoga in die kerksaal

deur: @ilzedup94
die een wat die verste strek kom eerste in downward dog in; die een wat die hardste sing kom eerste in die hemel in.

08-04-2021

kosmogenese

deur: @ilzedup94
weef maanlig in my hare en fluister oerstof teen my mond

25-04-2021

ons kan eintlik nie kla nie

deur: @ilzedup94
in my huis is ek die sirkusleeu mak gemaak en mond gesnoer sodat mense van buite af na my deur my getemde ouers kan koer: julle het haar so mooi geleer! wys ons, toe, nog net een keer! en na die tyd, terug in die tent, verf hulle vir my 'n ander prent: nee doen dit vinniger ouliker beter steek dit aan die brand en vlieg daar deur tot die ander kant! en durf ek grom of my maanhare skud dan is ek netjies met 'n vlymskerp tong terug op my podium gesit stralend, smalend tot die laaste sweepslag wanneer ek kans kry om te spring dan vlieg ek buite die abbisale sirkels die wye wêreld in.

10-05-2021

ek kan self.

deur: @ilzedup94
ek het nog nooit toegelaat dat 'n man my hart breek nie. hy sal dit nooit so goed soos ek kan doen nie.

13-05-2021

herfs

deur: @ilzedup94
op jou verjaarsdag was dit nog warm al was dit herfs ek weet want jy het met 'n vest rondgeloop daai een wat jou ma vir jou gegee het wat so pienkerig was (salmon, het jy my altyd herinner) ek weet want iemand het een van daai instax kameras om jou nek gehang en die band was reeds besig om klam te word en alles was in stadige aksie die koel wind deur die vertrek wat nie een van ons herken (erken) het nie 'n flits van die kamera die foto wat druk ek en jy vasgevang in 'n kortstondige mondigwording en 'n toegemaakte venster wat volg

25-05-2021

Donderdag, 15:52

deur: @ilzedup94
ek het een keer hierdie ou ontmoet vir koffie, jy weet, by een van hierdie hipster jols waar almal maak asof hulle siele oud is en al daai kak terwyl hulle TikToks op hul iPhones kyk hy het 'n sigaret in sy mond gehad lomp tussen sy lippe soos 'n girl wat vir die eerste keer op hakke probeer loop onseker oor waar om te trap en hoe om natural te act sukkel maar aan die begin, jy weet hy bestel iets wat hy nie kon uitspreek nie (claim hy drink dit daagliks) tussendeur die gesprek (meestal hy, meestal oor homself) hoor ek eintlik niks 'n orgasmiese, oorverdowende, oorgroot fokkol; net die eggo om die ego.

27-05-2021

aan die mense wat langs die engen refinery bly:

deur: @ilzedup94
hoes mens van die rook of die oorskot van drome wat in jou keel vassit?

30-05-2021

maanlig, 'n haiku

deur: @ilzedup94
melkwater melkweg druppels op jou vel en ek koggelend vermaan

13-06-2021

winter. durban. 2021

deur: @ilzedup94
geleende somer son fluister oor jou vel en lag in jou gesig

02-07-2021

anderkant besit

deur: @ilzedup94
as jy naby aan die see sit kan jy hoor hoe ek hier asem haal

05-07-2021

ultraviolence

deur: @ilzedup94
op sy boekrak sien ek burgess orwell golding sagte lyne speel oor die rûe en verklap ure se lees en ure se inbreek van dit wat ongeskend en nuut was.

10-07-2021

Julie 2021

deur: @ilzedup94
hier in die winter voel ek skaars die koue want jy val saam die sneeu

12-07-2021

farewell summer

deur: @ilzedup94
soutwater sproete soene sandkorrel voete en ons jaag die son

14-07-2021

vermillion

deur: @ilzedup94
vlek die lug rooi en pluk gou vir my die son; vleg dit deur my hare.

15-07-2021

'n haiku vir vrydag

deur: @ilzedup94
my stad brand. brood is min. my verhandeling wag. en ek skuld sars geld.

16-07-2021

a modern day love story

deur: @ilzedup94
twee mense wat mekaar se ego's voer tot in versadigheid

16-07-2021

patroon

deur: @ilzedup94
jy praat so hard met jou mooi kaleidoskoopmond soen my tog sagter

18-07-2021

metamorphosis

deur: @ilzedup94
laat haar vry en kyk hoe gou word sy die wilde blomme langs haar stoep

18-07-2021

we're all of the stars. we're fading away

deur: @ilzedup94
met jou lig in my oë sal ons inplof en as maanstof ontmoet

18-07-2021

under construction

deur: @ilzedup94
jy bou 'n groot muur om jou hart en verf dit met onskuld in vuil-wit

20-07-2021

idiome is moeilik, julle

deur: @ilzedup94
maak hy rêrig 'n fout as hy sê sy het hom om die bos verlei?

21-07-2021

gebedsomleiding

deur: @ilzedup94
vou my versigtig in jou hande toe, aanskou my openbaring

21-07-2021

spookasem

deur: @ilzedup94
ek wil hê my naam moet sag op jou tong smelt en wegraak in jou mond

22-07-2021

spookasem

deur: @ilzedup94
ek wil hê my naam moet sag op jou tong smelt en wegraak in jou mond

22-07-2021

spookasem

deur: @ilzedup94
ek wil hê my naam moet sag op jou tong smelt en wegraak in jou mond

22-07-2021

19:50

deur: @ilzedup94
jy vra of ek mal of verlief is; is dit nie dieselfde ding nie?

25-07-2021

buitemuurse aktiwiteite

deur: @ilzedup94
ek wil my arms graag sprei en saam die wind waai tot ek self leer vlieg

26-07-2021

onthou my

deur: @ilzedup94
skryf my naam in jou digbundels; soek my in jou gunsteling verse

27-07-2021

portret van 'n tienermeisie by 'n roudiens op 'n vrydagoggend

deur: @ilzedup94
onskuldig in die goue lig van verlies deur die son gebalsem

30-07-2021

meermin

deur: @ilzedup94
daar het jy vir die eerste keer gelag en in die branders verdwyn

03-08-2021

ikarus

deur: @ilzedup94
my vlerke was reeds verkool en ek was verblind want jy was die son

05-08-2021

jy is

deur: @ilzedup94
net 'n illusie 'n warm dag in Julie; 'n onderwaterwens

28-08-2021

16.45

deur: @ilzedup94
tussen lang skadu's en soel middae word ek deel van jou blommekrans

08-09-2021

flings (nie die chips nie)

deur: @ilzedup94
daar is 'n bietjie van jou in die son wat my elke somer brand

10-09-2021

die ou se hemp by die carwash

deur: @ilzedup94
"think outside the box" en ek wonder of hy weet dat die boks bestaan

01-10-2021

sun god

deur: @ilzedup94
my sweet surrender i dream of you and our last few sunlit nothings

22-10-2021

oktober.

deur: @ilzedup94
jy val weer aarde toe in eensame druppels en ek tel jou op.

24-10-2021

20:39

deur: @ilzedup94
die donker in jou herken die donker in my 'n flou namasté.

25-10-2021

ek is vir jou

deur: @ilzedup94
net 'n mank loopraam 'n tweedehandse muse, 'n wordende gerief.

02-11-2021

eyes

deur: @ilzedup94
breaths of golden sheen secrets carried in between shades of forest green

14-11-2021

sondagoggend surf

deur: @ilzedup94
heilige seeslaaf jy dryf eerbiedig deur jou soutwater nagmaal

23-11-2021

jy was

deur: @ilzedup94
middernag geraas chaos met 'n glimlag en onbeskaamd jouself

04-12-2021

hier

deur: @ilzedup94
sal ek nostalgie prysgee om nog een keer in jou branders te baai

13-12-2021

tiener, 'n haiku

deur: @ilzedup94
soms is alles en niks die moeite werd in jou kortstondige jeug

13-01-2022

ek het gesê jy is die son

deur: @ilzedup94
die son lê vlak in jou wimpers; wanneer jy na my kyk, skyn ek ook.

16-02-2022