Joune

Ons is ons ouers maar met dwelms.

deur: jacquesdeviljee
Al ons herinneringe, foto's wat ons nooit geneem het nie. Rooigesoende sigaretstompies, omvou in die pêrelblink perlemoenasbak: oorblyfsels van gisteraand. Geloof is nou net 'n nostalgiese fenomeen uit my kinderdae, iets wat ek in 'n prentjieboek raakgelees het. Ons is ons ouers maar met dwelms. Elke dag sterf iemand se ikoon. 'n Vliegtuig waai stadig oor die witgelekte blou uitspansel en ek kan nie help om aan jou te dink nie.

23-09-2019

#houtkruis

deur: jacquesdeviljee
My ouers is gode, engele my vriende. Dit wat ek aan jou gedoen het dra ek soos 'n kruis.

09-02-2019