Joune

Desember se dansie .

deur: jaysonbeatson
Voor ‘n bar wat al meer name gehad het as locals, sit ek aleen, stil. Op twee hout planke en vier skroewe ondersteun. ‘n Jongerige meisie dans anderkant die drempel, haar oog vang myne deur slierte hare wat ritmies waai, soos vlae wat halfmas hang oor die geknakte rug van haar tempel. “Hierdie keer sal ek die regte sade saai!” Vanaand drink ons een op jou. Tóg maar net moëe ambisie, herkou, herkou, berou.

07-08-2018