Joune

Verganklik

deur: kayla_de_jager
ek sit buite, arms uitgespan oor die ou familie bank- verblykte hout- honde se geskarrel pla my tussen my bene gevleg op my voete maar dit gaan ook verby -aandag is verlore- nie soos my oë wat lui gefokus is ek staar oop na die boom só diep buite myself -tyd sit in my hart- dat ek droom dagdroom, sweef saam met die duiwe my gedagtes dit was nie lank tot ek terug val in gees gedagtes -hulle was te swaar- te heuwig om my bo te hou maar net soos die son gaan ek ook onder en tyd word net weer ‘n metafoor

10-05-2020

Valse woorde

deur: kayla_de_jager
woorde wisseling oor depressie val uit hul monde soos dooie blare van bome val, in herfs hulle stoot dit rond soos ‘n swart plastic skooter die eggoe's versprei vêr en wyd tartend spot hulle die wat rerig sukkel, soos die druk op my toeneem sak my voete onder my uit ek is 'n pas gebore lam my kinder gedagtes word gevul met flitsende prente van hul monde, woorde wat soos ’n koëel deur my trek diep-diep binne my word iets ontwrug die gesweerde wond word oopgekrap ek steek my gevoelens weg onder my vel, maar jy trek my oop druk my tot ek breek tot ek vryval in my toekoms onskuldig in die hof maar jou hart is meer onrein as die swart kringe onder my oë

20-06-2020

Poetry voice

deur: kayla_de_jager
my music has gone silent I must pick up my pitch my voice to redeem my true potential hands are filled with creativity my unconsciousness is pushing me out, words sometimes accompanied by emotions when they come the stream out like a steamy bath of water through the tap to my pen and there it begins

21-06-2020

Binne 'n o o g k n i p

deur: kayla_de_jager
N susters miskraam vroeg Een totsiens begrafnis aan oumie N gehuil tot 12 Een oproep na half N gesleede jaag na Virginia 18 verlore skaapie beeste tuis na 3 Een ys stil rut terug by die huis N moedswillig lang dag later Draai van leeg na vol Binne my een Vrydag middag na aandete

24-07-2020

Met myself

deur: kayla_de_jager
Ek gryp my sleutels in die verbygang tel my Ray-bands op hou Ouma Rita se blokkies kombers onder my arm prop alles in mekaar vergeet toe amper my film met al die geskarel klim toe in Halfie- my tuna blik- ek is uit ek soek toe die grootse groenste grasperk meer ‘n weiveld parkies klassifiseer as ontspanning in eensame dorpies; met lang gras hou ek piekniek met myself -Na Corona

26-04-2020

Vergeet my

deur: kayla_de_jager
Lang eentonige staar sessies by vuil venster uit spasies in my gedagtes word gevul net voor my glas oorloop voor ek spring in die arms van rooi wyn en mal vriende tot laat aande met... Met my pen, skilder doek op my skoot op soek na die buite lyne van jou ek ontou jou nog al het jy my vergeet.

22-04-2020

Wat glo jy?

deur: kayla_de_jager
Om te dink jare gaan verby Waar ons gebreinspoel word Teneur gedruk word deur die bybel Tog net moet glo Slegte goed is net beproewings Of hoe. Dis wat hulle mos dink God is God, die een wat nie voute maak nie Al hoor almal hoe kinders se stemme na verkragters Skree in Gods naam om mans te straf Beproewings Vroue in beledigende egoïstiese verhoudings Vernederend, maar elke sondag op die familie bank Beproewings Narsiste wat ons in leuns laat leef Beproewings Kniel elke aand voor my bed vra, smeek om alles wat slegs is te verander Die ironie van al die NG gelowiges die gemeenskap van tannies en ooms met ‘n dominee wat kollekte neem vir sy cult Glo soos kinders G’n kind glo in dié konserwatiewe nonsense Wat ons daagliks hoor as Christene nie Swart leer band boek vol stories en ervarings van mense v. C Glo jy rerig net die opinie van ‘n medemens Is lewe rêrig só eenvoudig? Moet ek hulle woord vat Vertrou hierdie was wyse mans met geen voute nie... Sit jou hande in die grond Tussen ʼn droë sonneblom land Voel die skepping en die wonder werke van lewe Glo in verander en aanvaarding G’n kind glo in rasisme diskriminasie teen die gays nie Glo soos ‘n kind As jy dink om iemand se hande in mekraar te druk Ongelowiges se knieë te breek om voor God te buig Kort jy liefde en geduld Alles wat ek vandag weet van die Christendom Is afkomstig van die eerste Adam en Eva storie Van kind wees ingedril Oor en oor gepreek en vertel Voor bed, vroeg oggend, Sondagskool Alles om net as 17 jarige te se: “Ja, ek glo’’ Een woord en jy is ‘n lidmaat. Sewentien jaar Ek mag nog nie stem vir ‘n president nie Maar die NG kerk se ek ken God Wat ‘n klig

16-06-2020

Is dit jy?

deur: kayla_de_jager
Ek hoop my woorde spreek waarheid ek hoop my musiek maak jou broos tot waar jou gees tot beskiking kom ek soek jou jou harde hande teen my wit klawers maar jou teenwoordigheid los my eensaam. Ek val sag weg tussen die hande van ‘n man

22-04-2020