Joune

Pharos-verligting

deur: mabethc
Die patina-gespikkelde gesig staar terug uit die verweerde spieëlDie versonke oogkaste en donker sakke verlig deur flikkerende vlamDie agtergrond is strak, donker, gesluk deur die donker nagOorhoofs skitter die melkweg, momenteel weggesteek deur die deurdringende ligtoringstraalPharos, oorspronklik Grieks vir ligtoring.

07-01-2020

Seemymering

deur: mabethc
Twee vuurvliegies op die duineEn dit was net myneWant daar was niemand om die oomblik te deelDie golwe wat breekEk wat huiwerig vassteekVoordat ek die donker see in wandelEk wonder hoe het Jonker gevoelToe die water haar oorspoel En die stilte haar verewig omring Ek wonder so alleen Wat het vuurvliegies in gemeenMet ons wat stoksielalleen wandel

13-12-2019

Fleur au soleil

deur: mabethc
Die son breek deur'n Klein gaping in die wolkeEn bak neerOp geel-geel blomblareIn die sonneblomveldeVan die Vrystaat

23-01-2020

Cheap poetry

deur: mabethc
Op die oewer van die Zambezi Kwart-oor 9 die nag Het ek gekyk na die hemel En gehoop en verwag Om 'n ster sy eindstryd te sien maak Maar na so 'n halfuur Het ek my hoop gestaak En begin kyk na die riete En die ligte oorkant die rivier En sonder 'n verskietende ster Gewens jy was hier

28-06-2019

Van Wyk Louw se Grense

deur: mabethc
Vanmiddag lees ek Van Wyk Louw se 'Grense' en ek vind aanklank by sy wense en sy ritme, rym en kense lewensuitsig, en ek wil myself so uitdruk en graag ook na die hemel reik en met my woorde sê wat ek bedoel, presies hoe ek voel sonder skrome.

12-06-2019

Sypaadjie haiku

deur: mabethc
'n Geel fiets staan stilOp 'n sypaadjie langs 'nRoosmalvapotplant

15-08-2019

In Denial

deur: mabethc
With reference to In Detention She went to pick up a parcel She hiked to the memorial She needed the bathroom She went jogging with her family She needed the bathroom She went jogging up a parcel She hiked to the bathroom She needed to pick up a parcel She went to her family She went jogging to the memorial She needed to go jogging She hiked to pick up a parcel She went to the bathroom She needed the memorial

03-09-2019

Dit was net jy

deur: mabethc
Ek mis die dae wat julle gedigte gepost het asof dit oudmodies gaan raakToe ek verlore kon raak in versreëls en versinselsEn kon wonder, was hierdie een in liefde of in haat geskryfIs dit 'n kunstige shitpost of 'n diep gedagteHet julle reageer of eenvoudig net aan beweeg

03-02-2020

Purperpersmurmerasies

deur: mabethc
PurperpersmurmerasiesSpook in die murasies Van my kognidrome En die vrome Blou lug Laat my sug Soos ek wag Op hierdie skynheilige dag Vir die belofte van 'n môre Waar dit reën in die dorre Woestyn waarin ek myself bevind

06-10-2019

Stop

deur: mabethc
Langpad alleenryGestop tussen stad En Kimberley se groot gat Neffens 'n afdraaipad Sonsop Sonsonder Dag lank gewonder Wolke's dar'm besonder En ons maar eintlik gewoon Sout pan, Nama-Karoo Bosse wat verby vlieg En ek moet eintlik bieg Ek wens ek het meer gestop.

12-10-2019

Buzzfeed - geïnspireer

deur: mabethc
Buzzfeed sê, gebaseer op my vakansie-keuse, dat ek as nuwejaarsvoorneme minder op sosiale media moet wees

31-12-2019

Wat verkies jy?

deur: mabethc
Ek verkies muisneste bo verkoue. Met beide sukkel ek om te dink, My kop voel vol en gedagtes trek traag. Met die een draai my kop dronk rondEn die ander een laat my maag bollemakiesie slaan.

15-07-2019

verduideliking

deur: mabethc
Ek skuld vir jou nog woordeMy redes in die lugSo nou skryf ek maar die'n Simpel ou gedigMet basiese rympatroneVier strofes, vier versreëls lankWant my verduidelikingVoel so effens mankDit voel eintlik airySoos 'n baie groot klugWant toe ek dit gedink hetWas jy minder ontstigNou hang dit hier, so tussen onsEn hopelik maak die meer sinWant my rym en woorde is nou opFin

17-11-2019

'n Metafoor

deur: mabethc
Is dit makliker om 'n boks sneesdoekies te koop, as jou badkamer 'n kleurskema het- asking for a friend

20-11-2019

Een mooi begin

deur: mabethc
Ek wandel in 'n jasmynwolkLaatmiddagson wat neerbak'n Lenteswaeltjie wat soek-soek rondspringEn ek onthou"een zwaluw maakt nog geen zomer maar't is een mooi begin"Dis die belofte van vernuwings en nuut beginVergesel deur jakarandas en bougainvilleas Lang dae en kort nagteRoomys strepe op my hempDis die reuk van sonbrandroomOf selftwyfel as jy vergeet het en sodoende gebrand hetDonderstorms, reën en modderStrate wat die sonsondergang weerkaats in waterplasseDis die wegpak van wintersjasseEn swemklere en handdoek wat gereed lê om gegryp te wordSaam met die dolle gejaag om als wat begin was af te handelDis 'n mooi begin.

01-09-2019

Die lente is hier

deur: mabethc
Renonkels op my boekrakDie lente is hierMy oë is rooiVan stuifmeel en slaaptekortMaar die lente is hierDie volmaan loer nuuskierig deur my kamervensterDie lente is hierDis nog stowwerig en droogGeen reënwolk in sigMaar die lente is hier

17-09-2019

De arte poetica liber

deur: mabethc
Ek wag vir jou in die bib Op die heel onderste vloer In die heel verste hoek Tussen die filosofie boeke Daar waar jy Aristoteles se De arte poetica liber sal kry En vir my

19-06-2019

Middernaggedagtes

deur: mabethc
en skielik, uit die bloute, op 'n stormagtige nag, in die middernagure, oorval die hartseer jou, die verlies van die wat ons al verloor het, en die leemte wat jy so maklik kon volstop met besig wees, gaap jou aan, en trek jou dieper en verder weg van die lig ou foto's lei jou op 'n dwaalspoor, laat jou liefde betwyfel, want hoe meer jy liefhet, hoe meer kan jy verloor die antitese van 'n vol lewe, wat jou laatnag in die gesig staar. Is dit beter om te verloor, met die wete dat jy dit gehad het, of om 'n lewe te lei, sonder om iets te hê wat jy kan verloor? P. S. in die vroee oggendure, net voor die son verskyn, is daar geen skadus teen die mure maar dan kruip die son stadig oor die horison en word elke ding neergepen in skadu

18-08-2020

Vir LG

deur: mabethc
Jy stuur vir my foto'sVan sonsondergange op 'n horison En my hart wens ek kon Daar langs jou sit En myle ver kan kyk Waar alles so rustig lyk Waar die wolke saam trek Agter 'n windpomp aan Waar bekommernisse gaan En net rustigheid bly staan Daar in die Noord-Kaap

08-12-2019

SONA 2020

deur: mabethc
Vanaand is Julius vroeg wegEn het Cyril minder van sy mega-stad- lugkasteel-vyfjaarplan gepraat.VF+ se oom het egter gesê Cyril is 'n "lame duck", watookal dit beteken?So, nou, na 'n "not so perfect wedding", sien ek uit na die volgende episode van "Honourable Member".

13-02-2020

'n Ode aan my verlore plakkie

deur: mabethc
Lang paaie, bulte op en heuwels af Deur veld en oor strand Oor die suidste bergrand En af in koshuisgange Is jou lewe vasgevange Maar die drange is nou verby Dit was ek en jy Maar nou dryf jy verby Aan die eindelose see Het die strand jou wegegee So nou vra ek jou Wat maak mens met een plakkie?

20-07-2020

tafel vir een, soos altyd

deur: mabethc
'n veld vol lotusplante met 'n tempel in die agtergrond, die perspektief voltooi deur wolkekrabbers van die hedendaagse eeu. All You Need is Love wat in die agtergrond druis terwyl die bedompige hitte vasklou aan my vel, soos beloftes in 'n nuwe verhouding. die donker hemel is grys van dreigende wolke en nou-en-dan dwarrel so paar druppels verward na benede. ek soek skuiling in die eerste restaurant. tafel vir een asseblief, arigato.

11-08-2019

Seepalindroom

deur: mabethc
Die hemelruim en oseaan smelt saam in 'n mistige ontmoeting Die golwe rol uit die appelkooskleur sonsondergang En spoel uit op die hemelruim refleksie op die strand ' n Laaste seemeeu maak sy tog huis toe. Een vlok voëls bespikkel die horison, Nes die ellips op WhatsApp Watsenaam is typing... ... ... 'n Groot golf rol in En die weerkaatsings palindroom is momenteel verwoes In die oomblik, klink dit asof iemand die klank af gesit het Terwyl die groot brander homself saamtrek en stadig terug sleur na die res In die dynserigheid lyk die klippe soos geboë vissermanne Wat vroegoggend aas uit haal om 'n lewe mee te maak. Nog 'n ellelange ellips emigreer tuiswaarts ... ... ...

22-10-2020

Election poetry

deur: mabethc
Biden 264 Trump 214 DNJ 1678 poems since 2018

06-11-2020