Joune
Hoekom
deur: mada_oosthuizen
En eendag sal ons terugkyk en verstaan ,hoekom die duisternis onbeantwoorde vrae in die lug laat rond sweef en deurmekaar harte wat lek oor die vloer smeer
19-06-2019
My wens
deur: mada_oosthuizen
Gee vir my n sonsak waarheen ek my drome kan stuur
Gee vir my arms wat om my kan wees en die liggaams taal praat wat ek verstaan.
Gee my God in jou hart en geloof in jou oë
Gee my vertroue dat ek nooit sal breek .
Soen my sodat ek jou liefde kan proe.
Wys my deur jou dade sodat ek kan verstaan dit die moeite werd was om vir jou te wag...
08-12-2019