Joune
Vir Frikkie- van Mariet
deur: marietsteinmann
poes jou sigarette in die see
skeer al jou hare af
groei jou baard uit
en word die man wie jy nog altyd was
maak jou Naam jou eie
en dra hom met trots
kerf jou wese op hom uit
soos tyd oor rots
staan alleen
staan saam
en staan jou skoene vol
stap met hulle jou wêreld deur
en lei die wat jou gaan volg
jou hart is n leeu
jou hart is n duif
jou hart is n skulp
waarin vasgevang die see se geruis
die wêreld is jou woning
díe, sal jy verstaan
wanneer jy ophou trek na binne
en dit tyd is om
te gaan
27-05-2019
vertoon
deur: marietsteinmann
ek preserveer jou reuk in my geheue
soos ‘n spesimen
wat dryf in ’n consol jar vol etanol
’n drywende ding wat die verlede
omvou
en dra op sy mou
ek stal jou reuk uit op ’n hoë rak
tussen die oumabeskuitblikke en rooibosteeblikke en danishkoekiekoekieblikke en licoriceallsortsswietsblikke waarvan almal wil onstlae raak by pandjieswinkels
en ek kan nie bykom om af te stof nie
die jar vertoon
’n grotesque embrio
wat die begin
en die einde
van ’n storie vertel
ek kyk partykeer terloops na jou reuk
wanneer ek tee maak
en
ek sien hoe die stof
wat elke jaar
digter
die jar toe vou
en jou reuk toe vlek
en
die nalatenskap van ’n probeerslag
teen die bruin verf van die muur verdwyn
15-07-2019
joao/johan/johan/
deur: marietsteinmann
Braziliaaners lag in k’s oor die foon en
dit het my vir n oomblik laat double-take, want ek’t eers gedink dit is n tikfout of een of ander selfoon glitch of lost in translation iets,
maar toe blaas hy sy see en sonskyn asem oor my nek en dit voel soos n stilwind wat tolbosse deur die Karoo warrel en waai en toe kyk hy na my met sy oë soos die goud van n sonopkoms oor die magaliesberge en toe bring sy seevaarderbloed my terug na my Afrika huis toe
26-05-2019
die pad
deur: marietsteinmann
ek loop die pad al lank my lam
kaalvoet
deur die kou
en soms wonder ek
waarheen nou
waggend en werkend vul ek myself aan
alleen en stelselmatig
doelgerig aangelê met gefokuste asemhaling om die kolskoot deur te boor
vervreem van vergete hier my verre verlange
en waggend op woorde
wat waarheid om my skryf
en my toevou
met mooi
03-06-2019
Sonneblom
deur: marietsteinmann
it gets better when you're older and the baggage of being young is forgotten somewhere, some day in a train station or at an airport while you drink cheap coffee and eat stale sandwiches and think about the someone’s and the somethings that you inevitability leave behindin some way or another like the keys you forgot in an Uber that one time and when you’re young and you walk away or you fly away or you drive away but you always move away to whatever new thing will become your home that day or that week or that month or that year
while the past becomes a mountain that you hold between your thumb and forefinger
staring into the rear-view mirror
and you prolong your goodbyes with heart emojis on WhatsApp and passport pictures on Instagram
but on the inside
you know that a part of you dies every time and that you become
a photograph
in a memory
of another
swirling in a sea of self
and your lines and shapes are drawn into
pictures from the past
fondly remembered on weekends and public holidays
en word geraam gehang op die gang muur
waar almal na die stories wat van jou vertel word kan staar
terwyl jy net ‘n afdruk van haar word
en niemand jou hier op straat sal herken nie
want jy beweeg anderkant
die ek
wie jy word deur
die mense wat jou lief het
en jy word ‘n
ruimte
tussen
hier en daar
‘n oop kanaal
wat stuur en ontvang
ground control to major Tom
en hulle se lewens gaan ook aan
maar, selfs dan
word dit beter as jy ouer is en soos jy ouer word
want jou wese kry gleuwe wat water oor tyd geslyp het
soos die lewe sy spoortjies in sprokies langs jou oë en oor jou wange trap
en dit word lekker om net te sit
te stoepsit
al is dit op die vloer
en tee drink
want mens mag hardop sê dat partytjie hou en warm vry,
champagne breakfasts
en nog ‘n woord wat rym met -y
partykeer overrated is
want die stukkies ek wat sterf
word kompos
vir die sonneblomme
wat partykeer op die eetkamertafel staan
15-07-2019
sien soms
deur: marietsteinmann
neem selfies as jy eensaam of hartseer is sodat jy jouself later, na al die roekelose redes en impulsiewe oomblike kan sien, en verstaan
sonder kwalik of kwaad of skaam vir wat jy besluit het om daai aand te doen
of nie
neem ‘n fokken foto of ‘n screen shot of iets en kyk later na hoe die walle van seer in jou wese opdam
en verstaan in jou hart
dat jy net n mens is
wat ook eensaam kan voel
wanneer niemand daar eers jou taal se naam ken nie
of ooit lady van die bo-dorp kan mymer of fluister nie
30-06-2019
city lights
deur: marietsteinmann
lost in a sea of self
i forget
and float away
a lone
paper lantern
drowned
by the night sky
03-06-2019
n laaste totsiens vir A
deur: marietsteinmann
Wat bly oor vir die res van die pad wanneer n liefde soos ons sn nie meer tussen ons is nie?
Wat het ons anders gehad as mekaar vir n rukkie?
Hoe kry ons weer dit wat ek en jy gemaak en gevorm en gebou het met die klei wat aan ons hande deur mekaar se hare en oor mekaar se gesigte en lywe en binne mekaar se wesens gestreel en gevat en gebind het?
Hoe voel ek jou weer teen en binne en om my wanneer jy deur my geheue dans en ons mekaar vashou op die maat van maanlig?
Wie gaan weer vir my die sterre gee as hy my menswees sien en dit hom laat glimlag?
Mens weet nie dat jy hol is tot iemand anders jou vol maak nie.
Mens weet nie dat jy nooit weer so lief gaan wees tot jou liefde weg is nie.
Alleen stap
Die lewe deur
En swerwend soek
Na net jou
Alleen
Want daar sal niemand weer wees wat jou in my volmaak nie
26-05-2019
deesdae
deur: @marietsteinmann
die oggend brand wakker
en die stad slaap nog stil in opwagting van die nuwe wêreld wat wag
so amper asof ons (weer) met skepe hierheen gekom het,
vir maande gereis het,
na net mooi nêrens
in ons huisies
en tuintjies
en 5km-radius-om-jou-huis-blokkies,
so gou die mensdom se lewens verminder tot verkleinings
en onroetines
in voorheen onbesette ruimtes
waarin die vorms van verlede, verspeelde vryheid weergalm
en raas en kla en die klanke van voëlsang buite wegdryf
en iewers strek strale oor ń skilpad wat rustig en ongedaant oor ń plaaspad stap
24-06-2020
Simson en die virus
deur: marietsteinmann
My woonstel het ‘n swaartekrag anders as dit van daar buite.
Hoe vinnig verklein die wêreld nie,
na net ‘n paar dae se huisbly en
tien-blikkies-tuna-saniteer-en-my-hande-rou-skrop-en-‘n-hazmat-suit-winkel-toe-dra-en-nuus-lees-en-facebook-soek-en-my-tannie-het-'n-video-gewatsapp-van-iemand-wat-sê-dit-is-alles-'n-klug-en-youtube-kyk-en-‘n-Chinese-takeout-foelie-hoet-dra-en-
tot Simson sal bang word, hare en al.
26-06-2021
anderkant, ek
deur: marietsteinmann
kan jy nog jou drome onthou?
was dit die moeite werd?
om weg te gaan
en weer
te word,
maar in ‘n ander plek?
26-06-2021