Joune

Stiltesmag

deur: marinda_dejongh
Hoe wens ek dat ekhierdie dwarrelende warboelvir die absolute stilte, in oorvloed, kon verruil. Waar is die hemel, wat kwansuis hier op aarde skuil? Waar is jou stille nag, jou ware wese, algehele prag? Al wat oor is, is stiltesmag.

05-10-2019

Wolkbreukwoorde

deur: marinda_dejongh
Na jare lig my vingers braafDie potlood wat asvaal en aan’t sterwe In die stof gebêre lê ‘n Maalkolk van gedagtes; Skerp skerwe versprei Oor die landskap van my vergete grond Met moed vee ek die as vanaf my lippe Die wolkbreuk breek voort uit my kake En vloei uit die lood Eindelik kon ek die woord weer kry En my só uit hierdie roet bevry

27-08-2019

Alternatiewe realiteit

deur: marinda_dejongh
Ek leef my in, in 'n narratiefVer vanaf die hedeIn 'n denkbeeldige lewe begewe ek my Ek neem vir myself die woorde En trap saggies op die akkoorde Van n delikate lewenslied Vir n ander ek bedoel Die note val na onder En ek staan stil en naak daarsonder Ek verloor my greep En word terug gevoer na nou Die simfonie speel af Agter n helder ruit Kan ek dit slegs uitmaak, aanraak? My alternatiewe realiteit

30-08-2019

Soms

deur: marinda_dejongh
oms grawe die vingers Van vrees in my vrede My asem ontduik my En my tong staan stom ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀ Soms dwaal die leemtes Oor my huiwerende lede En die stilte is die ondertoon Van my kil gebede ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀ Maar soms verrys ek soos 'n vlamdier Uit die roet en puin Soms bloei my siel van rook en vuur Soms is my hande rein

18-09-2019

Welkom tuis

deur: marinda_dejongh
Jou stem weergalm in die holtes van my menswees Waar die brokkies van my gebrokenheid hulself een-een ontwortel en afdrup van my mou. Dis alles, om plek te maak vir jou.

08-09-2019