Joune

september

deur: mariska.bolleurss
Ek skuif my HB potlood agter my oor in agter my hart in agter jou in. Ek slaap met altwee oë oop want ek wil sien as jy terug kom ek wil sien as jy lag ek wil sien. Ek water net elke tweede dag my roosboom hy het maande terug al gevrek. Ek verlang na die reuk van jou en die smaak van jou en na jou. Ek skuif my HB potlood agter my ooglede in agter my golwe in agter my sinne in en wag geduldig en geduldig wag ek met my oë oop met my HB potlood in my hand dat jy kom dat jy terug kom dat jy in die lente na my toe kom.

02-09-2019