Joune

Sy pt II

deur: @milli.burd
Sy sit aan die anderkantReinheid in haar oë, wyn in haar hand Sy sê God het homself aan haar bewys Eers deur die kerk, toe deur my Sy drink vinnig en eet tussendeur Sy praat asof die woorde uit haar hart uit skeur Sy skree met 'n vraagteken, vra met 'n punt Terwyl sy my kaak aan die tafel vasbind Sy maak my wakker, sy praat my aan die slaap Waar die lewe en die dood my gelyktydig verlaat Daar's son teen haar slape en slaap in haar dag En ek wonder of ek al jare vir haar wag

23-10-2019

Bitter bloed

deur: @milli.burd
Hy't bitter bloedEk weet sy mond is soetMaar vra my donker aandeDie nasmaak bly vir maande

23-10-2019

Toe ek Agtien was

deur: @milli.burd
Ek onthou dit soos gister,al was dit vandagAgtien in Aandklas;Sestien as ek lagJy was nie daar nieEk het besluit dis okaySoos Renier gesê het:"Wie van ons is wie ons dink ons is?"Maar: "Jy is die een wat ek wil hê jy moet wees."Soms moet jy eers die voëltjie vangvoor jy hom kan laat gaan.Dan moet jy hoop hy vlieg,want voëltjies is bangEk het hom 'n geheim beloweToe het ek hom vertelEk het laas jaar per ongeluk in sy slaap gevalDit was mooi vir myDit was mooi verbyDit was nie myne nieSlaap sag, Renier.Vergeet van my as jy kan

31-10-2019

Toe ek vas gesit het in ontkenning

deur: @milli.burd
Jy, Christopher, is dood.Ek weet jy is;tog hou ek jou aan die lewe.Ontkenning werk beter as resussitasieJy sien, jy sterf nie net nie -Jy verskietEk is vol van jou splinters - sy splinters -want jy is hy en hy is jyen ek is sy en sy is eken ek en sy sit saam op die puinhoop en treur.So hoe kan ek nie vir haar jok nie?Haar laat glo dat jy wel asemhaalIn haar is daar 'n hartklop wat hare bevestig.In my is daar 'n rokie,maar die vuur bly 'n mite

31-10-2019

Koue Voete

deur: @milli.burd
Ek onthou die begin teen jou borsNet die reg en die verkeerd en al ons vrae tussen onsEn ek onthou hoe't die engele getergSoos om vra of lag nog lekker is, of is God die moeite werd? Ek kon proe hoe dit sou wees As ons die paaie weg kon wens en die sterre meer kon lees En jy kon voel hoe ek beef Het jy jou roeping toe gevind, daar in die verte, my lief? Het jy pad al vir ons twee oopgekap? Ek het my hoed en my linte en my rok al uitgekies Dis net my voete wat al hoe kouer raak Ek onthou die einde teen my bors Ek hoor jou stem, ek sien jou lyf voor my staan Jy weet dis nooit regtig groet vir ons En ek klou nog steeds soos dou aan jou naam Ek kan proe hoe proe die wêreld sonder jou Soos oggend asem, dronkverdriet aan die einde van my tou En jy kan voel hoe ek vashou Het jy jouself al gevind, daar in die eike, my lief? Of laat die sout my nog steeds soos die somer aan jou kleef? Ek het my hare en my vel en my suster opgemaak Dis net my voete wat al hoe kouer raak Ek onthou die hede, stadig nog Ek onthou die oomblikke waar jy 'n opsie word Ek onthou dié voete, selfstandig sonder jou En my eie hart wat alles warm maak Dis net my voete wat al hoe kouer raak

23-10-2019