Joune

Warm ProNutro

deur: rymmetgrietjie
Snaaks hoe vinnig ek weer soontoe gaan. Ek hoor jou lag weer helder in my oor - Voel die ek-is-lief-vir-jou weer - te maklik - uit jou mond wat vou om my hart. Dan retireer ek ietwat - Smag ek na die mens wat ek sekondes terug was. Die een wat vir langer as n dag kon gaan sonder om aan jou te dink. Snaaks hoe maklik jy kon wegloop. Ek hoor die stilte waar jou persoonlike BBM notification my altyd gepla het. Ek voel die pyn in my bors toe my ouers se dat ek die gevoellose een is sonder om te vra hoekom ek nie meer lag of sing nie. Dan huiwer ek ietwat - Die trane wat ek nie kan huil nie want seuns huil nie net omdat hulle n vriend verloor het nie - dreig weer. Ek is weer Daardie Ek. Die een wat gepraat het oor meisies soos wat my pa my maak belowe het om nooit te praat nie. Die een wat homself maak glo het dat jy voel soos wat hy doen. Snaaks hoe ek nogsteeds jaloers is. My plek in jou lewe is nou haar-ne. Jy het saam met haar besef dat die woorde wat jy te-maklik vir my gesê het; gewig dra. Dan is ek weer Hierdie Ek. Die een wat nagte in vreemde arms spandeer het omdat ek jou gemis het. Die een wat voor sy ma kan huil want vreemde dronk lippe het haar vertel dat ek hou van mans. En selfs is sy arms om my - Sy lief-vir-jou's vol beloftes wat hy nakom. Selfs al is ek iemand anders s'n - Is daardie Ander Ek nogsteeds joune. Sy eerste soen was joune. Sy alewige hartseer ook. En hy haat homself daarvoor.

03-03-2019