Joune

god.

deur: stefanyseymore
‘n Bedoeling vir genesinghet ek verander in my selfbeseringEk het op universiteit in ‘n swart gat myself met ‘n guitar in die hand gevind In ‘n hoek in die kamer, kaalvoet en bewerig besig om chords te leer vir liedjiesWat my verlate ma geluister hetIn die oggend terwyl sy regmaak vir werkSy het elke oggend 07:00 by die deur uitgestap, 17:00 haar terugkeer gemaak Tot sy eendag nooit weer het nie. Ek leer die chords opsoek na genesing,Herhaling word ‘n tipe van selfskending Em Bm C AmEm Bm C Am...Jy wil weet hoekom ek nie vir jou kan speel nie, my lief, mag jy my nooit so seer sien nie

28-09-2019

god - ode

deur: stefanyseymore
Lê styf Teenaan Styf langsaan my In die loopgraf Hulle skiet op ons Spaar jou krag Dood is naby. Bacchus gaan ons kom haal Voor die god van dood hier is Die wolwe is weer aangetrek soos skape Ons tyd is verstreke, Kyk: Dood is hier . (Ode aan: RvdV “There is Death here..." - The Dra'Azon, also known as the Beast of the Barrier)

21-10-2019

god.

deur: stefanyseymore
jy skryf naby aan jou lyf, jy leef naby aan jou lyf en jy voel aan jou lyf Ek het aanneem katte. Wat naby aan my lyf slaap. Snags. My kas loop oor van wintertruie wat ek oor my bors kan toetrek My joernaal ontbreek die presence van ‘n god, maar voel die verdriet en pyn aan van elke straatbrakkie, shelterkat, hawelose kindjie en ou tannie wat bedel by daai KFC stopstraat.

22-09-2019

Charismatiese godsbeeld

deur: stefanyseymore
“Kan ek jou iets vra?”(As iemand my foto neem dit is genoegsaam.) “Wanneer het jy gevoel jy’s nie mooi nie?” (In retro(in)speksie soek ek my gietvorm in die foto) “Voel jy ooit jy’s mooi?” (‘n Begaafde wys my uit) Dit is genoegsaam. As iemand my foto neem; Of ‘n foto saam my neem. Die sterrestelsel van my hemelruim Astronomie van fyn gesigbeendere die bewoë een.

30-12-2019

god.

deur: stefanyseymore
Ek het ‘n habit gemaak daarvan om na myself te kyk in die spieëlas ek klaar gestort het as ek tanne borselas ek my hare natmaak voordat ek by die deur uitgaan(seker as ‘n attempt tot selfaanvaarding, I don’t know, fuck.)Partykeer dwaal my gedagtes na wat ‘n jonger Stefany van huidige 23 jarige Stefany sal dink. van die merke op my lyfvan die merke op my siel?Sou sy trots wees?Sy sou trots wees. Só fokken trots.

17-10-2019

god.

deur: stefanyseymore
Nee, o, god!my kinners gaan nie eendag poetry skryf nie. Hulle gaan die sielkundige hulp kry wat hulle nodig het voordat dinge só ver uitmekaar uit donner.

03-10-2019

Chaos.

deur: stefanyseymore
Galileo en Rorsharch lê op hulle rug en bespreek die wolke:Rorsharch vra: wat sien jy, Galileo? Ek sien... dat een wolk stilstaan en ander wolke beweeg rondom dié wolk. Wat sien jy, Galileo? Die chaos van verandering en staties bly. Wat sien jy, Galileo? Verandering is onkeerbaar. Geeneen gaan dit ontspring nie. Die aarde draai en draai en draai en die wolke verander rusplek om my, ver van my en skawend aan my broosheid Wat sien jy, Galileo? Natuur is genadeloos onveranderbaar onverskillig teenoor my verstaan van haar geheime vir my.

14-11-2019

god. god ? g#d

deur: stefanyseymore
Dit kon seker erger wees. Ek het baie om voor dankbaar te wees. ‘n Huis ‘n Werk ‘n 3-gang maaltyd 3-keurig Oggend oats Middag crackers En aand ‘n glas water vir 3-gang Vir Zolpimed Epitec Zytomil De moer met jou goedbedoelde narratiewe (onbewysde navorsing) optimisme De moer met Job Ek is nie nog ‘n verhaal nie... Ek is Job. Ek is Job. Ek is Job. Deurdrenk my met u (liefde) bewyse as mens se veerkragtigheid In die volheid van u volmaaktheid Is ek nie dankbaar nie. Ek’s befok. Hoor u? Ek aanvaar nie wat my toegeëin is nie.

12-12-2019

god.

deur: stefanyseymore
Hallo vreemdeling. Het jy ‘n bier? Jy moet sit en luister na my storie. Jy móét luister na my storie. My naam is Stefamy, wat is jou naam? Toemaar, dis nie belangrik nie. Luister jy net na my storie. Vreemdeling, ek het 3 katte. Dis baie,neh? Ek weet. ‘n Swart een, ‘n gemmer een en ‘n 3 kleurige een. Ek weet dit klink nou nie belangrik nie, maar jy moet luister. Luister na my storie. Vreemdeling, ek praat baie oor my katte en ek kan nie help nie. Kyk hier my tattoo. Die ‘n outline van ‘n kat-gesiggie en ‘n kommapunt. Kommapunte is so cliche right? Vreemdeling, hierdie hemp wat ek dra het ek self gemaak. Daar’s katte op. Ek wou my eie lewe neem. Toe kry ek ‘n kat. ‘n Eienaardige dier. Hy was 4 jaar oud en niemand wou hom hê nie. Ek wou hom hê. Hy het op my bors kom lê wanneer donkerte my insluk en op my skoot homself tuis gemaak vir paniekaanvalle. Toe kry ek nóg ‘n katjie. Sy was nóg nooit uit ‘n hok uit nie. Amper 1 jaar lank. My katjie is angstig en kort baie liefde. Toe sy uitstrek op my bed, het ek besef ek wil vir hierdie katjie veilig maak voel. Hierdie is jou woning. Jy is veilig hier. Hier by my. My derde katjie wat in ‘n hok. Sy het soos ‘n bondeltjie in my arms gesit en sy was gelukkig. Toe gaan ons huistoe. Ek weet ek praat baie van katte, vreemdeling, maar hulle het my lewe gered. Soek jy ‘n bier, vreemdeling?Sê my, wat is jou naam?

12-10-2019

God god god god god

deur: stefanyseymore
Ek is (Kortste sin wat bestaan,Selfsugtig is)Kluisenaar Na ‘n diagnose is jou besluite as gevolg van jou diagnose en is jou diagnose. Is jy sekerDat jy seker is?Wie vertrou jou bevraagtekenAs nie eers jy doen nie?

03-03-2020

god.

deur: stefanyseymore
ek sien uit om my hond te sien na werkek wonder ofmy pa ook daai tipe opgewonde was as hy in die middae terugkeer?troeteldier opwinding. seker maarek sal onthou om hom te vraeenkeer as ek op die vloer sit na ‘n werksdag met my troeteldier.

27-01-2020

god.

deur: stefanyseymore
Ek kan nie skryf waaroor ek wil skryf nie, al is dit anoniem.Goddank vir vergelykings en so. Háát jy ook bosse blomme? Ek gaan skryf van blomme en potplante. Het iemand al vir jou blomme gekoop en dan wil jy dit nie hê nie? maar dit is ongeskik om daarvoor nee te sê? ‘n Paar weke dan vrek die goed (ek praat van die bos blomme, op jou tafel: die water is alweer klaar en dit stink; gelukkig nie op jou instagram post nie) Heerlikheid, ek soek net potplante, mense. Dit hou langer. Dit lewe. Die potplante, natuurlik. ...want ek skryf oor blomme en potplante.

29-09-2019

Huppelkind

deur: stefanyseymore
Laatnagte Die tyd wat die demone baljaarook binne-in myook niemand wil plamet my onnodighede nie So ek bel en vra haar vir stories om te kalmeer net gou-gou asem te haal ‘n breek te vat van myself Sy vertel vir my stories wat haar pappa vir haar vertel het in die aande in die bed as klein dogtertjie Meteens kalmeer my hart ontspan my lyf haal ek asem Haar kinderjare stories red my, (seker omdat dit) my terug vat na die tyd wat my onskuld gesteel was en gee haar genoeg kans om te dink aan die volgende verhaal vir die volgende laatnag oproep

25-10-2019

Clarity

deur: stefanyseymore
Daar’s ‘n vorm van clarity in jou deurmekaar gedagtes as jybesluit het -dan maak alles sinClarityFinaliteit

22-11-2019

god as ‘n reïnkarnerende wese

deur: stefanyseymore
Ek het gisteraand alweer té veel gedrink.Ek het ‘n lae verwagting van Potchefstroom - is dit nie juis wanneer ‘n universele god jou verras nie?god het gereïnkarneer in verskeie vorms al - ek dink die bybel praat van ‘n mot, of dalk is dit ‘n psigotiese bedonnerde ou tannie wat haar entjie op haar stoep rook. Ek weet nie. Ek weet nie eintlik veel van hierdie reïnkarnerende god nie(Fok, miskien reïnkarneer hy as ‘n woedende feminis - dié feminis is ek. Ek is woedend) (Wel, brandend as die AP Kerk my on-onderdanigheid sien)Gisteraand het god reïnkarneer as iemand wat ek geken het in ‘n vorige lewe. Die liggaam het anders gelyk, maar die binnegoed was presies dieselfde. Hy het voorgestel dat ek nie my eie lewe moet neem nieen ek het voorgestel dat hy katte ‘n kans moet gee -dalk een adopt en ‘n filosofiese naam gee

06-11-2019

god.

deur: stefanyseymore
Jou god is:jou skewe seunjou ondankbare fokken vrou wat heeltyd shopping doen en te min lekker kos kookdaai slapgat boemelaar waarmee daar niks fout is met sy hande nie, nou hoekom werk hy nie?daai donnerse straatbrak wat alweer die swartsak oopgeskeer het (en jy sit dit juis net voor Dinsdag middag se optel uit)daai straathoer wat alweer kos vra vir haar 10 kinders (jy weet sy gaan dit net gebruik vir drugs anyway)Die heilige gees is alomteenwoordig My god is:Vrye wil.Vergete, verlore, gebroke, vuil en honger. Sy is in alles, deur alles en ís alles. My god is nie jou god nie.

15-10-2019

Sisyphus

deur: stefanyseymore
Ek ag myself nie meer as persoon nieEk sien:gefragmenteerde beeldein die spieëlen as ek weg kyk,vergeet ek my identiteit Gesigloosheid. Al wat ek het is ‘n ribbekas en woorde wat daaruit vloei Dit is. Dit.

16-12-2019

god.

deur: stefanyseymore
Die god-versameling is nie lasterlik nie,inteendeeldis ‘n uitroep na ‘n god, wat nie noodwendig die christengod is nie

26-09-2019

Ek is, ek is

deur: stefanyseymore
Versteurings word versteurings genoemwant die reëls word gemaak deur die meerderheid:die normse optrede bepaal watnormaal aanvaarbaarafwykingis, tog is dit om altyd ‘n vreemde taal te praat en nieverstaanword deur jou moedertaal nie. is, tog hoekom digters voel hulle moet altydverdedig verdien om buite die norm te wees, maar tog déél“I am I am I am” - Sylvia Plath“Ek is ek isdie here hoor my‘nvryfokkenvrou” - Antjie Krog

16-11-2019

Sadistiese sabbatical meerminne?

deur: stefanyseymore
Vandag was ‘n goeie dag.Tafelberg was in die agtergrond, het ek jou al vertel ek het dit saam my pa geklim? Ek was so moeg en die stroom water wat by die berg afloop was so lekker. Kan jy glo ek het actually rou water gedrink met my kaal hande? Dit was nie sleg nie. Die Kaap se sand is só mooi. Dit is wit en glad en net nie normale tipe seesand nie. Wel, as jy dit vergelyk met Durban. Ek het ‘n ma haar kindjie sien swaai in die rondte en Ek het ‘n gestremde kind in by rolstoel gesien, sy boetie het hom gestoot. Dit het só moeilik gelyk om ‘n rolstoel op die sand te stoot, veral met sy maer lyfie en Ek het ‘n skoonmaker gesien loop met’n baba. Jy weet, ek neem nie net aan dis ‘n skoonmaker nie, jy weet daai classic skoonmaker klere wat pick n pay verkoop? Sy het so pakkie aangehad en Ek het vir ‘n volle 45-minute met sand gespeel en Gewonder wat in die see gebeur. Wonder jy ook? Of daar actually mermaids is. Of dooie lyke. En hoeveel lyke is daar in die see? Ek dink daar’s baie en Ek dink baie van die lyke is actually dood. Het ek jou ooit vertel van die kraai wat my aangeval het? Shit, elke keer as ‘n kraai grootte voël sien vrees ek daai spesifieke dier. Daar is ‘n seagull wat hier rondvlieg (het jy al die video’s gesien waar hulle kos steel? Dis snaaks. Hulle is steeds scary, though) en Die son brand my nek, Maar dis oukei want vandag was ‘n goeie dag. Al was dit net 45-minute lank. G.

28-11-2019

god in die kultuurnorm

deur: stefanyseymore
Vrou. Daai woord word gespoeg met soveel minagtingDalk dink ek soos ‘n man en nie soos ‘n vrou nieDis sekerlik hoekom ek my hare soos ‘n man s’n draOf t-shirts, flannels en converse aanhetDis oukei dat jy gedink het ek is dieselfde geslag as jy, seun. Die kultuurnorm sal jou leer:dan kan jy besluit of dit jou opvoed en of jy deel gaan vorm van die rewolusie

29-10-2019

god.

deur: stefanyseymore
Daar word deesdae teveel geskryf oor ‘n romantiese hartbreek, liefde maak en ‘n genadigde god (voeg hierin: Bouwer se opinies oor gay huwelike, of politieke gesprekke - of ‘n ander leeksituasie) Daar word te min geskryf oor slegte seks, die NG-kerk se gesprekke oor “gay huwelike”, hoe fokken moeilik dit is om liberaal te wees in Potchefstroom en vrouwees (het ek slegte seks genoem reeds?)

07-10-2019

Verhoogte sensitiwiteit

deur: stefanyseymore
Dis moeilik om nie allespersoonlikop te vatnieas jou senuwees injou biologiese samestellingontblootgemaak isvir gevoelfisiek enandersins.

21-12-2019

Die swart mense het gegaan

deur: @stefanyseymore
Die swart mense het gegaan Hulle korrupte Steinhoff CEO saam gevat Hulle Westerse manier en individualiteit Hulle het saam hulle, hulle inklusiewe kerke gevat en hulle boereworsgordyn Hulle het saam hulle sistematiese witmens rassiste gevat Hulle het wragtig hulle werke ook gevat - Petroljoggies, teller en skoonmakers het geloop. Hulle het hulle suspisie saam gevat, en hulle gated communities af gebreek Hulle het terug gekeer na hulle herkoms. Die witmense het gebly Ons het óns gated community op gebou Ons het teen mekaar rugby gespeel, want die sanksies het ons binne gehou. Uiteindelik is die rooi gevaar nie meer teenwoordig nie. Maar tog, moet nie slaap nie, my volk! Waak teen die Satan. Vir Volk en Vaderland bring ek die seuns, o NG-kerk Beskerm óns, o heer, óns is tog u uitverkoren volk

22-04-2020

Ge-heal

deur: @stefanyseymore
Vandat ek my maandelijkse pille (voorskrifies, by die Checkers Sentrum het julle dit van my) relegies inneem om verbeterrrrring. Te brrrrj nnngnggg Het ek... my kreatiwiteit verloop. Mens sukkel om poets te wees as lewe gesond is. O nee. Ek verkies maybe dan ok nie om meer te teken, skryf voel diep nie. Akademiese,ja. Annieniem.

30-12-2020