Joune

vergeet

deur: @stoepstudio
Silwer borreltjies asem hardloop heen en weer tussen lae platgestrykte hemelruim wanneer jy die deurklokkie lui en jou omhelsing word wit linne wat in 'n meditireense bries bol staan en vars suurlemoene en blou blou see en wit klippaadjies en skakeurings van dappled light onder groot ou olyfbome. Jy fluister haastig erotiese geheime in olfactory ranges van Under the Leaves en petrichor en die molmreuk van bruin akkerblare in Kerkstraat en jou bors duin al vinniger op en af, jou gletserhoeke al skerper; deurskynend en elke middag, net voor my behoefte kan oorneem, ruk die toeklap-traliehek knal my terug.

16-05-2020