Joune

Omgekrapte hemelwesens

deur: tanapistorius
Omgekrapte hemelwesens kom haal my in die nag. Gooi my in ‘n boks en verklein my, ontruim my-reforméér my. Hul wondende geloof ideaal maak my fokken naar. Forseer my om hul denkwyse te aanvaar. Geindoktrineer in my hart van verstand, is hul kapitalistiese lewensverband. Op hulle planeet bly almal in karton bokse. Mense sonder gesigte sit en staar na skerms sonder klanke; met hul dowwe uitdrukkings wat net heeldag sit en skuld af betaal. Hierdie planeet is ‘n nagmerrie land en in my kop is daar net background sounds.

31-01-2019

Orange couch

deur: tanapistorius
Its me and I am in our old living room, sitting on the distinctive orange couch, in front of me a big glass window overlooking the garden, I slowly start sinking into the orange mass, intertwining with stings of white,orange and black, I become enveloped by the sensation of what I assume the feelings of a living room couch would be, i'm not the entire body of it, just a small part.

11-03-2019

VIS IN KOERANTPAPIER

deur: tanapistorius
Moet nie laat hy wen nie Laat hom val Huil Vloek en skree Laat hom hadidas jaag in die tuin Tussen jack Russell's en dorings Stuur hom na die berge toe Ou ryperd op sy oupa se skoot En dan weer langs sy oupa se graf Se vir hom dat hy lief is vir sy ma Lewe is soos cheap vakansies langs Margate se strand Lewe is so complex Soos vis in koerantpapier Laat hom wen.

31-07-2019

Nikotien te-kort, pandemic thoughts

deur: @tanapistorius
Identiteits dimensies fokuit op my social feed 'n kollektiewe geheue Vanuit ons huis-Grotte As ons buite is: Dra ons Dinamies-sê maskers Sit jou hand voor jou mond, Bly binne saam jou kat en jou hond. All die tannies op my what's app: Groot is God, ons het nog hoop. Hoes-stroop en advil Boereraad en ibuprofin Hande was en isolation Dis alles nie-te-min Die pandemic is binne my: Ek het 'n nikotien te-kort.

10-04-2020