Joune

Ek het altyd geweet...

deur: taniacoetsee
Ek het altyd geweet my rug gaan kak Wat was up must come down Nes al die ander gene van mô en pô Wanneer kromrug en badmooi buie Die orde van die dag is Wanneer pynpille skittles word En stoele organmente raak Wanneer jy stillê in die bed En roerloos niks probeer steur Wanneer jy iemand anders vra Om jou sleutels vir jou op te tel Toe ek nou die aand my ma bel In Cubana se badkamer Na ‘n cocktail special - ‘n klein saterdag op stellenbosch - Ek het myself toe gesluit Die lui laat lui En vra ma Hoekom dit so seer is? Hoekom kan ek nie 200m loop nie? Hoekom kan ek nie fokken 100 meter loop nie? Hoekom ek vooroor moet loop en my rug klem soos ‘n swanger ouma? Hoekom ek nie kan opstaan uit my bed? toe ek besef Dat die beste seks wat ek ooit sal hê: Klaar verby is Het ek Ek het net gehoop dis later as 18

15-03-2019