Joune

Hart (die storie wat nie eindig nie)

deur: theladygray
Voed my harsings in die Harvard Stort my Hartstog in die water Hardloop ek weg, dan hark jy my weer nader Hartlik van onsekerheid maar hartstogtelik vergader ons tog altyd Elke keer Weer En weer My hart verteer In die sappe van jou braak woorde Dis my hartsgeheim wat hardop soek na die harnas van jou oorde Dis my hard probeer om weer te keer en te skree teen die gesmoorde woorde wat ek huil, woorde wat ek skryf, woorde wat ek bid en smeek en prewel My hardop roep en hardkoppig vloek teen hardheid gaan ook sneuwel Want Die hartdefek is in my DNA in my selle ingebrand Dis deel van my en sal kastei soos die eelte op jou hand aan hand sal ek met jou harmonieer in die houplek van my gedagtes Want Jy’s blind my hart Jy’s blink my smart My Hartseer bly nou in die water waar jou hasardspel heen ly Ontkenning is nou my hawe en ek bid dit stel my vry.

05-08-2018