Joune

om pooltafels

deur: toastcards
om pooltafels en lang biere tussen vloekwoorde en sigaretrokerssonder autocorrect en sonder regretsloop ons regop, praat ons reguit lees gedigte en rambling bonesstreel oor die voue van ons verledetot ons moet gaan chips koop by die engenen kleintwak praat met ubermansmet name soos haroun en elvis graeme en kudakwashe

11-07-2019

Bosveld

deur: toastcards
ons gesigte is bloedsmeerselsoor karruite, geheel en aldie sakkende son, perfekbome verkap in bondels ligstrek oor ons koppe metsatelliet en siwetslangkop onder graaf die koöperasie maak halfag oop, die trokke op die teertrommel die witwolke fyn

20-10-2019

windkrag

deur: toastcards
elders waai die wind almagtig oor die stowwerige wolboggels van skaap, die glim van bek van kraai en om die verweerde hoeke van huise op plase waar windpompe die aarde droogtrek soos muskiete 'n lyk hier binne: die fan oor die nat wasgoed

09-07-2019