Joune

50

deur: verbatim
Jy vertel van jou Saterdagaand se drank, bar fight, karduike en hoeveel poesse dit ingesluit het. Myne was guitarmusiek, gemaklike gesigte, 'n offbeat comedy en insig oor sooibrand. Sekere mense is maar browsers gebore: die checkout button is vir ander bedoel.

03-11-2019

Pieter + Peter

deur: verbatim
Ek het vanmiddag saam met die "wit probleem" aan tafel sit en middagete eet. Alles was normaal. Soos enige middagete wat ek al in menige wit huishouding gehad het. Behalwe vir die oproep van PSG wat tydens lunch geneem móés word. Deur die hoof van die huis in sy rolstoel: plaasaanval 2004. Ek hang nie in sulke kringe nie. Ons het gesels oor hulle 700 man boerdery. Oor die lekker klimaat en goed waaroor nuwe kennisse gesels. Aangenaam. Die steunpilaar het kerrie met gestoofde perskes gemaak op basmatierys. Ons het koeldrank gedrink (seker terwille van die kleintjies). Die gebare, belangstelling en gesigsuitdrukkings, asof geoefen, was naatloos. Tot my suster iets oor 'n kookwatermartel-plaasmoord op Bonnievale sê kort voor die slottoneel. Dit was die vrou se enigste broer. Die gordyn ruk middeldeur. En, unlike ever seen before, transformeer die "wit gevaar" in 'n stukkende dier: 'n vrou wie se binneste stuk vir stuk losskeur voor my oë. 'n Rol, 'n ego disintegreer tot niks. Steunpilaar tot stof. 'n Hoop bene op 'n Oggie vloer. Die snot en trane het teen haar wange afgestroom en in haar hare gesmudge. Baie dieselfde soos onse Maria uitmekaar geval het op my pa se skoot destyds. Geen make up; beleggings. Haar enigste seun is in 'n xenofobie-aanval met 'n panga doodgekap.

08-07-2019

Carol

deur: verbatim
Ek wil in 'n kar ry, Vroegoggend koffie koop,Komberse vou,Jokes maak,Gesels oor goeie tye,Nie worry nie, Mutual assumptions bevestig, Baklei oor simpelhede, Na die landskap staar, Vir die wolke kyk, In die venster glimlag vir jou bos krulhare, En die aand myself langs jou verlore voel, oor jou naak borste vryf en in jou sagte omhelsing weer rigting vind.

07-09-2019

Oorrompel deur onthou

deur: verbatim
Vier jaar later. Op 'n Woensdagoggend, 'n Duisend kilometer ver, Dwarrel oorblyfsels van jou Sagte hippie-reuk om my Toe ek die ou reissak bo Uit die kas tel. Hou dit ooit hééltemal op?

08-05-2019

Ontmensing

deur: verbatim
Met die manier wat die kêffie-eienaar- 'n 50 something wit vrou-vandag met die plaaswerkers in die winkel gepraat het... verstaan ek meteens presies hoekom daar dikwels níks tydens plaasmoorde gesteel word nie.

03-08-2019