Joune

Oorkant my

deur: verbeeldings.wereld.hartjie
Ek het een kant gaan staanAl was die jare al verbyDie konsepJy was te verDaar ander kant die tafelWaar jy uitstaar na die seeEk wou net na jou toe loopAl was daar n stormDit het baie gekosMaar ekt geweetJy was deel van die planOm alles te vergeetNet lief te weesVir mekaar

10-10-2019

Ruiter

deur: verbeeldings.wereld.hartjie
Dis agtuurMy oorfone ingeplug Buite Na die donker blou see En net die liggies wat weerkaats Spoegwolf speel en al wat ek aan dink Is die akoestiese kitaar weg gebere Ek wou weer begin Voordat ons weer sê als is uitgedink My kop in die wolke My hart by jou Dis al waaroor ek wou speel Lewe wat op repeat was Dit was n foto Daar ver in die noorde n dromer Opsoek na iets Iets soos jy Maar ek wag nog Hier op jou

14-10-2019

Glans

deur: verbeeldings.wereld.hartjie
As die son weer moet skynSkyn hy net vir jou Vir al die grys oomblikke En vir al die blou maandae Ekt gehoop vir oop lug Sodat jy dinge kon sien Skoon en sonder perke Jy verdien meer Meer as seer Maar leer van die seer Om die ware dinge te sien

14-10-2019

Glo

deur: verbeeldings.wereld.hartjie
In my gedagtes het die lewe gegaan oor die prag liefde en die samesyn van jonk wees.Vandag is en het ek albei, maar n verlore siel sal mens bly

17-10-2019