Joune

Sy

deur: woordedwaler
Hoe weet ek ek is verlief? Is dit die gedagte aan jou wat my laat dwaal na die wolke en terug? Is dit jou naam wat ń koue sweet oproep in my liggaam? Dalk die reuk van jou wat ek elke oggend voor hoop om op te tel? Hoe weet ek? Is ek simpel, impulsief of verlief? Niemand sal eintlik weet nie, sal hulle? Ek dwaal rond in my gedagtes En n bekende stem van tannie Magda Weergalm in my hart. "Die gevoel. Die gevoel van die persoon saam met jou en die gevoel van die persoon weg van jou. Dis die gevoel wat die geheim van liefde behou." Verlief sal ek altyd wil bly.

10-12-2019