Joune

Stil-baai

deur: wpvanschalkwykslp
'n Suiwer taal, skoon en versigtigGeen swaard meer gevaarlikEk skuld jou niks.In hierdie spiere word die vure geblusSlegs kole bly oor, tussen die grys as.Wat as ek sou, wie sou ek wees?Waar sou ek gaan?Sou jy my kon vind?Verdwaal en verlore.'n Seun word 'n man.Mangemaak langs die kus van stilte,alleen op die strand, tog veilig en versigtig.Die geraas van die stad, nou slegs in sy gedagtesNet hier is hy veilig, hier is hy vry.Die nag het gekom, maar die lig verlaat hom nooit.Hy klim daardie heuwel, klouter en kruip.Deur dorings en bosse, lyf aan die brand.Skeure en nerf af, bloeiend bekyk hy bo.Moeg en uitgeput, hou net oop jou oë.Want as jy nou tou opgooi, kom die Here jou haal.So rus 'n bietjie, vat 'n breek.Raak nugter, raak stil, en kyk op na my.Die skadu's beweeg, die katte kom weer.Verloor maar jouself, hier kyk niemand en kan niemand jou keer. Spring in die see, pasop vir die rotse.Jy ruk en jy rol, jy swem en baljaar.Jy doop jouself en soutwater was jou skoon.Totdat die son opkom, dan sit jy soet.Nou is jy kalm, want Hy praat direk met jou.Dis 'n tweesydige gesprek, waarna niemand kan luister.Geskryf 10 Desember 2019

27-01-2020