Joune

Poetry vir Potch

deur: wynandmb13
My droom is dat ek eendag by jou sal aankom en nie weer hoef weg te ry nie. Dat ons elke aand poetry kan lees tot ons moeg raak vir die naggeluide met die bedlampie aan. Dat ons by die vlei kan bly om al die wegloop-katte huistoe te neem. Dat jy op my skoot aan die slaap kan raak en wakker word in my arms. “Ek wil poetry lees vir ons kids” sê jy met die poësie om my kop gevou terwyl ek op jou skoot vertoef.

07-10-2019

(Ek)sistensialis

deur: wynandmb13
Luister mooi hoe beweeg die Aarde. Die assestelsel op kosmologiese standaarde. Verstrooi en ontbind lê my sterrestelsel se punt. In jou pyn in wil ek teleskoop, jou vryheid met eksistensialisme en sielkunde vry koop.

27-07-2019