Joune

Kwarantyn Romanse

deur: @xanya.bianca
ag hou my net vas ontmoet my by Spar by Checkers by Pick n Pay - die koue vleis afdeling dat ek kan onthou hoe dit voel om oor dit te wees

11-04-2020

Hoogmoed (2020)

deur: @xanya.bianca
Jy’s die verlede. Ek is die toekoms. - Totsiens.

12-07-2020

Sooibrand (2020)

deur: @xanya.bianca
dit help nie hy maak jou gelukkiger as broodjies gesny in driehoeke maar hy gee jou steeds sooibrand nie 72 pakke Rennies kos amper R1000.00

12-07-2020

botanie (2020)

deur: @xanya.bianca
sy is ‘n saad begrawe haar sy sal groei sy is onkruid waar jy haar strooi sal sy groei sy is ‘n roos wat nog moet leer om dorings te groei

16-07-2020

Sakura, 00:00 (2016)

deur: @xanya.bianca
soos bome deur die seisoene
moet ons sekerlik ook van kleur en kreet verander
stukkies van wie ons was sal tog elke nou en dan verbywaai
en dalk ook bietjie in ons hare vassit
 net so elke keer as jy wil-wil terug in my gedagtes in dwaal
gee ek jou liewers nie kans om iets te sê nie
al wat ek nou kan doen is jou voorkop soen
jou afskud en kyk hoe jy tussen die blare sak en wegwaai
 
ek sien jou in herfsblare
ek sien jou in storms
ek sien jou in kersie bloeisels
en herinner myself dat ek jou eintlik maar net raaksien in als wat tydelik is
 
ek was ‘n kind
en vandag soos ek hier sit is ek ‘n vrou
want ek weet dat daar dinge in die lewe is wat beter is om agter te los


12-07-2020

Totsiens, dankie

deur: @xanya.bianca
*(ek het al my liefdesbriewe vir jou in elegieë verander. ek lees dit toe oor en oor totdat ek dit begin haat het. ek het dit saam met salie gebrand en Doom ook gespuit net vir ingeval)* ons praat altyd van golwe pretensiëse paragrawe van hoe alles kom en gaan die gesnikkery die armsalige gekerm die verlange die fals hoop spyt maar niemand praat van die stilte van die vrede wat later kom in iemand se afwesigheid nie ek dink dis die hele punt - om nie te praat nie

10-11-2021

respons aan anoniem

deur: @xanya.bianca
ek stem saam mense wat te hard probeer om diep te wees irriteer my ek irriteer myself … is dit ooit digkuns as jou woorde jou nie ‘n bietjie laat “cringe” nie? elke kunstenaar kyk lank genoeg na sy werk tot hy dit haat ek dink dis normaal dis deel van die proses my woorde rym steeds nie

11-12-2021

my gedagtes

deur: @xanya.bianca
ek is ‘n prentjie mens wat nie kan teken nie so nou skryf ek maar my woorde voel altyd te min minimalism or mediocrity?

11-12-2021